Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Geen Gautrein dié naweek

Die Gautrein-maatskappy en die vakbond Untu het ingestem om hulle na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te gaan om hul loondispuut op te klaar.

Untu-lede betoog Maandag by die Gautrein-depot in Johannesburg.

Intussen blyk dit alle Gautrein-dienste is vir die naweek opgeskort.

Untu eis ’n verhoging van 10% in basiese salaris, ’n vervoertoelae van R800, ’n behuisingstoelae van R1 600 en aansporingsbonusse van R20 000 vir alle werknemers.

Bombela, wat die Gautrein bedryf, bied 8,6% aan.

Untu het die KVBA se ingryping verwelkom.

Gautrein-werkers staak al ’n week lank en treine het net in spitstye geloop. Vir die naweek is alle Gautreinritte gekanselleer en net ’n busdiens sal beskikbaar wees. Bombela sê hy is besorg oor die potensiële verlies aan inkomste vir sy werknemers en het vakbondlede gevra om sy aanbod te oorweeg. Hy het werkers gevra om nie te swig onder intimidasie of om deur eksterne agendas op loop geneem te word wat nie in hul beste belang is nie.

Die vakverbond Fedusa het op sy beurt vir Blade Nzimande, minister van vervoer, gevra om in te gryp in die loondispuut.

Bombela het Untu daarvan beskuldig dat hulle busbestuurders intimideer en Maandag vertragings veroorsaak het, terwyl Untu beweer Bombela weier om sy finansiële resultate vry te stel en dat hy onbillik is teenoor werkers wat vroeë of laat skofte werk. - Fin24

Meer oor:  Treine  |  Untu  |  Gautrein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.