Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Geen griep dié winter rem Clicks-apteke se verkope
Clicks-apteke se verkope is negatief geraak omdat die land nie dié winter “’n tradisionele verkoue-en-griepseisoen” gehad het nie. Foto: Argief

Clicks-apteke se verkope is negatief geraak omdat die land nie dié winter “’n tradisionele verkoue-en-griepseisoen” gehad het nie.

Die kleinhandelaar sê in ’n handelsoorsig oor sy verkope van begin Maart tot Sondag 9 Augustus dat die griepseisoen normaalweg ’n sterk aandrywer van verkopegroei is.

“Die voorkoms van verkoue en griep is klein omdat Suid-Afrikaners maskers dra tydens die pandemie en omdat sosiale interaksie en skoolgaan beperk is, terwyl groot getalle mense van die huis werk,” sê die groep.

Sy tweede halfjaar het in Maart begin.

Gesondheids- en skoonheidsprodukte in Clicks en sy ander winkels, wat The Body Shop en Claire’s insluit, het met 7,7% gestyg.

Clicks het ’n afname ondervind in hoe gereeld klante sy winkels besoek. Die gemiddelde inhoud van die mandjies het ook afgeneem.”

Dit word aan ’n daling in besoekers aan groot winkelsentrums in die land toegeskryf.

Volgens die groep is sy winkels egter goed geleë omdat meer as 70% daarvan in kleiner winkelsentrums in woonbuurte is.

Aanlyn verkope het wesenlik tydens die inperking gegroei. ’n Syfer word egter nie gegee nie.

Die omset van sy groothandel-apteker, UPD, het met 11% gestyg vanweë ’n sterk groei wat as gevolg van die toename in die vraag na medisyne en gesondheidsprodukte van private hospitale gekry is. Die groei in verkope is ook toegeskryf aan meer onafhanklike apteke wat bedien is, en nuwe kontrakte wat gekry is om produkte te verskaf.

Oor die 49 weke vandat sy boekjaar begin het, het sy omset met 10% tot R32 miljard gestyg. Die verkope van gesondheids- en skoonheidsprodukte het met 8,7% gestyg.

Die groep verwag dat sy verwaterde kernwins per aandeel vir die boekjaar tot einde Augustus met tussen 10% en 15% gaan styg. Die winsgroei word deur streng kostebeheer en die vertoning van UPD moontlik gemaak.

Die groep se balansstaat bly stewig en sterk kontantvloei is in die boekjaar geskep.

Die direkteure beplan om ’n dividend vir die boekjaar te verklaar.

Meer oor:  Clicks  |  Apteke  |  Griep  |  Verkope  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.