Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Geen verhogings vir van Absa se direkteure’
Wendy Lucas-Bull, voorsitter van Absa.Foto: Argief

Nie-uitvoerende direkteure van Absa Bank kan vanjaar geen salarisverhoging kry nie.

Dit is as aandeelhouers op die algemene jaarvergadering op 4 Junie ten gunste van ’n nuwe resolusie oor dié salarisse stem.

Absa het voorheen voorgestel dat die direksielede ’n salarisverhoging van 4,5% kry, maar stel nou 0% voor.

Daar is lank reeds ongelukkigheid onder aandeelhouers oor die groot salarisse wat die bank se grootbase kry.

In Junie 2019 het 31,43% van die aandeelhouers teen die bank se vergoedingsverslag gestem op sy algemene jaarvergadering in Johannesburg.

Absa sê die voorstel van ’n 0%-verhoging is omdat dit nie gepas of verantwoordelik is om nou, te midde van die Covid-19-pandemie, salarisverhogings toe te staan nie.

Dit beteken egter nie dat die nie-uitvoerende direkteure van brood en water sal moet leef nie.

Wendy Lucas-Bull, Absa se voorsitter, sal sonder ’n verhoging steeds ’n salaris van R6,5 miljoen vir die jaar van 1 Junie 2020 tot 31 Mei 2021 verdien.

Ander direksielede sal salarisse van R585 867 per jaar verdien.

Lede wat op komitees dien, word per vergadering betaal. Hulle ontvang tussen R23 429 en R37 775 per vergadering.

Meer oor:  Absa  |  Banke  |  Covid-19  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.