Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Geen waarde oor by Steinhoff’ – batebestuurder

Daar is “massiewe twyfel” of Steinhoff as ’n lopende saak kan bly voortbestaan gegewe die maatskappy se laste, kommer oor belastingaanspreeklikheid en enorme eise teen die maatskappy.

Peter Armitage
Peter Armitage, uitvoerende hoof van Anchor Capital.

“Ongelukkig is daar, na my mening, geen waarde oor nie,” het Peter Armitage, uitvoerende hoof van die batebestuursfirma Anchor Capital, Woensdagoggend in ’n opmerking aan beleggers geskryf.

Die meeste batebestuurders en ontleders sal eers Donderdag reageer op die resultate van Steinhoff se 2017-boekjaar, wat om middernag uitgereik is 17 maande nadat die skandaal bekend geword het. Die openbare vakansiedag demp vir eers hulle en die mark se reaksie daarop, hoewel die aandeelprys in Frankfurt in ’n stadium met byna 6% geval het.

Daar was ook nog nie veel reaksie op Twitter nie.

Armitage sê dis moeilik om die omvang van die onreëlmatige transaksies, vals wins en geknoei met die boeke te glo.

Die boekwaarde van Steinhoff is nou R7,65 per aandeel, maar dit sluit R27 se welwillendheid en ander ontasbare bates (dinge soos handelsnaamwaarde, klantelyste en patente) in. “Dit beteken die netto batewaarde van tasbare bates is massief negatief (-R19,35).

Die maatskappy se skuld beloop ook R33 per aandeel.

Armitage sê die enigste rede waarom Steinhoff se aandeelprys nog R2 per aandeel is, is dalk dat daar ’n “sprankie hoop” is dat daar geld sal oor wees as die maatskappy sy filiale verkoop. “Ek sal beslis nie daardie weddenskap aangaan nie!”

Meer oor:  Steinhoff  |  Deloitte  |  Markus Jooste  |  Aandeelpryse  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.