Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Geldwette geteken, maar vrae oor SAL se deel

Wetlik gesproke het die regering nie meer ’n verskoning om nie nou met geld vorendag te kom om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) uit sy kontantvloeikrisis te red nie.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens wag op R2 miljard van die staat.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede Maandag (13 Januarie) reeds die Aansuiweringswet van 2019 onderteken, asook die Wysigingswet oor die Verdeling van Inkomste, die Wet op Skale en Monetêre Bedrae en Wysiging van Inkomstewette, die Wysigingswet op Belastingadministrasiewette en die Wysigingswet op Belastingwette.

Dis al die gebruiklike wette wat in elk geval ná elke jaar se mediumtermynbegrotingsraamwerk van Oktober goedgekeur moet word wat die regering wetlik die mag gee om die geld in die staatskas uit te gee.

’n Woordvoerder van Les Matuson, sakereddingspraktisyn by die SAL, het bevestig hulle is ook bewus van Ramaphosa se ondertekening van dié wette, maar daar is nog geen bevestiging van regeringskant of en wanneer die nodige R2 miljard wat die regering vroeg in Desember belowe het, oorbetaal sal word nie.

Ingevolge ’n ooreenkoms wat in Desember gesluit is waarvolgens die SAL weens sy geldkrisis in sakeredding geplaas word, sou die SAL ’n lening van R2 miljard van banke kry, tesame met nog R2 miljard wat die regering sou gee op ’n manier wat nie die begroting dieper in die rooi druk nie.

Dit impliseer die geld sal moet kom van ander staatsinstellings of staatsdepartemente se begrotings, of die regering moet van sy bates verkoop.

Matuson het verlede week laat blyk die SAL het die geld teen Sondag nodig, maar teen Sondagaand het die departement van openbare ondernemings aangedui die geld is nog nie gevind nie en gesprekke duur voort.

Matuson ontken steeds dat die likwidasie van die SAL oorweeg word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.