Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GEPF skryf lening aan Independent Media af

Die staat se pensioenfonds (GEPF) het in sy jaarverslag aangekondig sy lening aan Independent News Media is afgeskryf.

‘n Familietrust van Iqbal Survé, uitvoerende voorsitter van Independent Media, besit die grootste belang in die Sekunjalo Independent Media, wat ‘n gesamentlike aandeelhouer saam die OBK en Interacom van China van die maatskappy is.

Dr. Renosi Mokate, voorsitter van die raad van trustees van die pensioenfonds, skryf in die voorwoord van die jaarverslag vir die boekjaar tot einde Maart 2018, wat pas uitgereik is, die termynlening wat aan Sekunjalo verskaf is, die aandeelhouerlening aan Independent News Media (INMSA) en die belegging in die voorkeuraandele is afgeskryf.

Die afskrywing volg nadat INMSA en Sekunjalo nie hul verpligtinge ingevolge die ooreenkoms kon nakom om die skuld terug te betaal nie.

Lees hier meer oor hoe INMSA besit word en hoe Sekunjalo deel van dit is: So hou Cosatu en kie belange in Independent Media. (Let wel die maatskappy waarna in die berig verwys word, het nooit genoteer nie.)

Mokate skryf die wanbetaling deur INMSA toe aan die daling in inkomste van die tradisionele drukmedia en die advertensie-inkomste van die mediagroep.

Die jaarverslag is op 17 Oktober afgeteken en pas in die parlement ter tafel gelê.

In die notas tot die jaarstate word getoon die geamortiseerde bedrag vir die direkte lening aan INMSA het verlede jaar R1,049 miljard beloop. Die afskrywing beloop R1,058 miljard. Verlede jaar is R86,3 miljoen afgeskryf.

Dit is nie duidelik of dít alles insluit wat Mokate sê afgeskryf is nie.

Netwerk24 het begin November berig die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat namens die GEPF beleggings doen, het nog nie ’n terugbetaling ontvang wat hy moes kry vir die lening nie. Die opgeloopte rente op die lening het teen Maart 2017 op R408 miljoen gestaan.

Tito Mboweni, minister van finansies, het in sy antwoord op ’n vraag in die parlement geskryf die OBK en Independent onderhandel oor hoe die kwessie beredder moet word.

Die afskrywing van die lening aan Independent is deel van die R7,3 miljard wat die GEPF aantoon het afgeskryf gaan word. In die ooreenstemmende boekjaar is R994,9 miljoen se beleggings en lenings afgeskryf.

Die grootste gedeelte van die R7,3 miljard is R4,2 miljard aan die Lancaster Group. Verlede jaar is R353,1 miljoen daarvan afgeskryf. Dit is ’n direkte lening wat aan die maatskappy verskaf is om aandele in Steinhoff te bekom. Netwerk24 het reeds daaroor berig.

Om die syfers vir die afskrywings te kry, het die GEPF die volgende snellers vir afskrywing in ag geneem, lui die verslag:

1. Onsekerheid oor die lopende saak van die onderneming waarin die belegging gemaak is.

2. Kontrakbreuk wat plaasgevind het ten opsigte van die oorspronklike finansieringsooreenkomste wat tot die heronderhandeling van die ooreenkomste gelei het.

3. Waar die vooruitskattings vir die kontantvloei afwaarts aangepas is en dit tot ’n daling in die waarde van die maatskappy waarin daar belê is, gelei het.

4. Verwagte druk op die maatskappye waarin daar belê is om hul skuld te kan delg.

Meer oor:  Sagarmatha  |  Independent News Media  |  Gepf  |  Sekunjalo  |  Obk  |  Inmsa  |  Iqbal Survé  |  Afskrywing  |  Staat Se Pensioenfonds  |  Jaarverslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.