SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
GEPF ‘wis niks’ van belegging in Ayo

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het nié die staatspensioenfonds (GEPF) ingelig dat hy namens die fonds in Ayo Technology Solutions gaan belê nie.

Abel Sithole, hoofbeampte van die GEPF.

Die OBK het in Desember 2017 R4,3 miljard in dié maatskappy belê. Die OBK se grootste kliënt is die GEPF.

Die belegging is nie eens genoem in verslae wat aan die GEPF gestuur is nie.

Eers toe die GEPF begin vrae vra het oor die belegging, is inligting daaroor gedeel.

Só het Abel Sithole, uitvoerende hoofbeampte van die GEPF, Maandag voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK getuig.

Die GEPF se grootste probleem met die belegging is dat die OBK nooit sy toestemming daarvoor gevra het nie.

Sithole het verduidelik dat die GEPF reeds op 26 Oktober 2017 die reël gemaak dat die OBK sy toestemming moet kry as hy meer as R2 miljard in ’n ongenoteerde bate wil belê.

Die OBK het egter op 17 Desember 2017 sonder die GEPF se toestemming meer as dubbel dié bedrag in Ayo belê.

Die belegging is gedoen toe Ayo op die JSE genoteer het.

Sithole het getuig dat die OBK in ’n brief aan die fonds die belegging in Ayo as ’n belegging in ’n genoteerde bate beskou het. Volgens die OBK het hy dus nie die goedkeuring van die GEPF daarvoor nodig gehad het nie.

Die GEPF sê weer dat aangesien die besluit om in Ayo te belê geneem is nog voordat Ayo genoteer is, was dit in ’n ongenoteerde bate.

“Na my mening behoort die belegging onder ongenoteerde beleggings te val. Omdat dit meer as R2 miljard was, moes die OBK dus die GEPF by die transaksie betrek het.”

Sithole sê wat die GEPF verder dwars in die krop gesteek het, is dat hoewel die OBK die fonds oorspronklik verseker het dat al die nodige prosesse gevolg is, die OBK toe skielik in Januarie 2019 twee sleutelfigure geskors het wat by die belegging betrokke was, juis weens beweerde ongerymdhede.

Die OBK het Fidelis Madavo, hoof van genoteerde beleggings by die OBK, en Victor Seanie, assistent-portefeuljebestuurder, op 21 Januarie geskors.

Sithole sê dit het die vertroue tussen die GEPF en die OBK baie skade berokken.

Sithole sê verder was die GEPF geskok om te hoor hoewel die OBK die fonds ingelig het dat hy Ayo gaan dagvaar om die geld terug te betaal, het hy hom nooit ingelig dat die GEPF as een van die eisers aangedui is nie.

Die eerste wat die GEPF hiervan verneem het, was toe hy op 11 Julie die hofdokumente onder oë gehad het.

Sithole sê so ver hulle kon vasstel, het niemand wat die mag binne die GEPF het om die fonds as eiser tot ’n saak te verbind, dit enigsins gedoen nie.

Die GEPF gaan regsadvies hieroor kry.

Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Abel Sithole  |  Dan Matjila  |  Staatsamptenare  |  Obk-Ondersoek  |  Pensioenfondse  |  Obk-Kommissie  |  Mpati-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.