Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Getuie in kartel-ondersoek toegang tot SA geweier

Die ondersoek na ’n vermeende duikklopkartel deur die Mededingingskommissie is vertraag omdat die sleutelgetuie, ’n Zimbabwiese asielsoeker in die VSA, toegang tot Suid-Afrika geweier is.

Die Mededingingskommissie ondersoek tans paneelkloppers wat na bewering konkel oor pryse as deel van 'n kartel.

Die Mededingingstribunaal het Maandag uitstel aan die kommissie toegestaan omdat hy nog nie die getuienis van dié persoon kon verseker nie.

Die asielsoeker is ’n sleutelgetuie omdat hy kennis het van die binnewerke van die kartel.

“Hy is die enigste persoon wat vir ons kan sê hoe die kartel bedryf is. Hy het vantevore vir een van die betrokke duikkloppers gewerk,” sê die kommissie in ’n verklaring.

Die asielsoeker sou in Februarie sy getuienis gelewer het, maar is gekeer toe hy in die VSA op ’n vliegtuig na Suid-Afrika probeer klim het. Sy asieldokumente het nie voldoen aan Suid-Afrikaanse wetgewing nie.

Die ondersoek wentel om twee duikklopondernemings, Eldan Auto Body en Precision and Sons.

Hulle het saam ’n klag ingedien dat die uitstel onbillik was teenoor albei maatskappye, veral met betrekking tot die beduidende koste wat hulle reeds in die voortslepende saak aangegaan het.

Die Mededingingstribunaal het wel gesê dat die uitstel nie weens enige foute deur die kommissie geskied het nie, en dit dus belangrik is om ’n billike tydperk te gee totdat die feite van die saak deur die uitstaande getuienis met die openbaar gedeel kan word.

“Geregtigheid wat vertraag word, is geregtigheid wat ontneem word,” het die tribunaal Maandag in ’n verklaring gesê. “Maar die kommissie se aansoek om uitstel is in goeder trou gemaak en is dus regverdig.”

Die ondersoek duur al langer as vyf jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.