Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Geweld bekommer ook klein maatskappye
mtentu
'n Voorstelling van die beplande Mtentu-brug in die Oos-Kaap.

Klein konstruksiemaatskappye is óók bekommerd oor geweld wat tans op verskeie konstruksiepersele in die land voorkom.

Die Black Business Council (BBC) en die Forum vir Radikale Ekonomiese Transformasie (Ffret) het Donderdag hul misnoeë hieroor uitgespreek.

Geweld op konstruksiepersele het veral onlangs baie aandag geniet nadat Aveng hom van die Mtentu-brug-projek in die Oos-Kaap onttrek het.

Aveng sê hy kon weens geweld vir meer as 85 dae nie die perseel betree nie. Die geweld spruit uit lede van die plaaslike gemeenskap wat daarop aandring dat werk aan hulle gegee moet word.

Die BBC en Ffret het vergader oor die probleme wat veral klein konstruksiemaatskappye in swart beheer tans ervaar.

Die drie probleme wat volgens Sandile Zulu, president van die BBC, die meeste aandag nodig het, is:

1. Kommer oor uitsluiting van die kleiner maatskappye uit die groter konstruksiesektor;

2. Geweld op konstruksiepersele; en

3. Die manier hoe die Tirisano-trustfonds bestuur word.

Zulu sê maatskappye wat uitgesluit voel, is dikwels die rede hoekom geweld op ander persele ontstaan.

Delangokubona, ’n lid van Ffret, is al van geweldpleging op persele in KwaZulu-Natal beskuldig.

Ffret ontken dit heftig.

Robert Ndlela, woordvoerder van Ffret, sê hoewel Delangokubona hom voorheen daaraan skuldig gemaak het, doen hy dit nie meer nie.

“Ons is heftig hierteen gekant,” sê hy.

Wat betref die trustfonds beweer die BBC en Ffret dat dit nie tot voordeel van klein konstruksiemaatskappye in swart beheer bestuur word nie.

Die Tirisano-trustfonds is geskep met die boetes wat ses groot konstruksiemaatskappye moes betaal nadat hulle met die Mededingingskommissie geskik het oor samespanning in die sektor in die aanloop tot die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010.

Die ses maatskappye is WBHO, Aveng, Group Five, Basil Read, Raubex en Stefanutti Stocks Housing.

Hulle moet gesamentlik R1,25 miljard oor 12 jaar betaal in ’n ontwikkelingsfonds vir transformasie as boetedoening vir hul samespanning.

“Die klein maatskappye voel dié geld moet juis gebruik word om hulle te help. Tog voel hulle hulle het geen toegang daartoe nie,” sê Zulu.

Hy sê die kleiner maatskappye is veral ook bekommerd daaroor dat die groot maatskappye wat erken het hulle het saamgespan, juis nou ook trustees van die fonds is.

Zulu sê dit maak nie sin dat die maatskappye wat die probleem in die sektor veroorsaak het, nou ’n sê het oor hoe hul boetegeld bestee moet word nie.

Zulu het bevestig dat daar tans sowat R200 miljoen in die fonds is.

Meer oor:  Black Business Council  |  Mtentu-Brug  |  Konstruksie  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.