Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Geweld teen drywers: Raad kla hy word uitgesluit

Die bedingingsraad vir die padvrag- en logistieke bedryf is omgekrap omdat die regering besluit het op ’n agtpuntplan om geweld in die bedryf stop te sit sonder om hom te raadpleeg.

Pleks daarvan om dié forum vir werkgewers en georganiseerde arbeid te gebruik, vergader die regering glo met ongeregistreerde entiteite soos die All Truck Drivers Federation (ATDF), wat van mafiastyl-optrede beskuldig word.

lorries, vragmotors
200 mense is die afgelope 12 maande in aanvalle op vragmotors dood. Foto: Pixabay

Die Padvragvereniging, wat deel is van die bedingingsraad, beskuldig juis die ATDF dat hulle die geweld aandryf, oënskynlik weens protes teen buitelandse vragmotorbestuurders. Die ATDF dreig glo met geweld as eienaars nie buitelanders vervang met ATDF-lede én hulle boonop R350 per maand vir elke werker betaal nie.

Rapport het vroeër berig dat minstens 15 vragmotors op 2 Junie op die N3-hoofweg tussen Gauteng en Durban aan die brand gesteek is – net een van verskeie voorvalle van geweld.

LEES OOK: Kaapse drywer sterf ná petrolbomaanval

Vroeër het die regering ’n interministeriële taakspan op die been gebring en die bedingingsraad is gesluit. Maar ná 2 Junie, met nuwe ministers in die stoel, is minstens twee vergaderings gehou waarna die ATDF en Positive Freight Solutions (PFS) uitgenooi is, maar nie die bedingingsraad nie.

Die bedingingsraad sê in hul afwesigheid het die partye ooreengekom op ’n agtpuntplan om die krisis te beëindig.

Dit sluit glo in die stigting van ’n reaksie-eenheid, ’n einde aan die onwettige indiensneming van buitelanders, vaardigheidsontwikkeling vir plaaslike bestuurders, die skep van ’n databasis vir werklose bestuurders en die hersiening van wetgewing oor werkpermitte.

Die bedingingsraad het ’n week gelede in briewe aan pres. Cyril Ramaphosa en die ministers van arbeid, binnelandse sake, polisie en vervoer ’n vergadering aangevra hieroor, maar nog geen antwoord gekry nie. Rapport kon ook nie kommentaar van die taakspan kry nie. Die raad skryf nie aan lede voor wie hulle in diens moet neem nie, buiten om wetgewing te gehoorsaam.

LEES OOK: Aanvalle op lorries eis 200 lewens, R1,2 mjd. in 1 jaar

Die ekonoom Mike Schüssler het die afgelope week op ’n mediakonferensie van die Nasionale Persklub die regering ook gekritiseer omdat hy hom steur aan besware teen die indiensneming van buitelanders in die bedryf. Schüssler sê die geweld is niks anders as ekonomiese sabotasie wat geskoei is op die lees van die sogenaamde konstruksiemafia wat reeds die konstruksiebedryf op sy knieë help bring het nie.

Meer oor:  Vragmotors  |  Logistiek  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.