Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gill Marcus kap Matjila oor ‘net R40 mjd.’
Dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie.Foto: Reuters

Daar is vrae oor “net” sowat R40 miljard wat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) belê het.

Dit wys die OBK het “baie goed” gevaar onder sy leiding, het dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, Dinsdag voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die korporasie getuig.

Matjila het gesê die R40 miljard verteenwoordig sowat 2% van die totale bates van R2 000 miljard wat die OBK bestuur. Die meeste hiervan is staatsamptenare se pensioengeld.

Gill Marcus, een van die kommissarisse, het Matjila erg gekritiseer oor sy beskrywing van “net R40 miljard”.

“Ons kyk na 38 transaksies. Dit gaan nie net hier oor 2% nie. Dit gaan oor R40 miljard se regte geld.

“Dit is ongehoord om te sê dit is ‘net R40 miljard’.

“U antwoorde is ’n bietjie neerhalend,” het Marcus gesê.

Dit gaan nie hier oor die persentasie van die geld onder OBK-bestuur wat betrokke is nie, maar oor beweerde ongerymdhede. “Persentasies kan die bedrag wat betrokke is, verskuil,” sê sy.

Sy wou ook by Matjila weet as die OBK dan so ’n groot sukses onder sy bestuur was soos wat hy meen, hoekom is dit nodig dat ’n kommissie aangestel is om ongerymdhede te ondersoek.

Sy wou ook weet of die opbrengste op beleggings gedurende sy ampstermyn nie eerder toegeskryf kan word aan die bulmark wat gedurende dié tyd markte wêreldwyd oorheers het nie.

Matjila het nie hierop geantwoord nie.

Nie al 38 transaksies wat onder die aandag van die kommissie gebring is, is al bespreek in die openbare sittings wat in Pretoria gehou word nie.

Van die groot beleggings wat reeds heelwat aandag geniet het, sluit in beleggings in Steinhoff, Independent Media, Ecobank, Erin Energy, Daybreak Farms, Karan Beef, Ayo Technologies, Sagarmatha en S&S Refineries.

Die kommissie moet op 31 Julie sy verslag en aanbevelings aan pres. Cyril Ramaphosa stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.