Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gims se stoomkamers, saunas heropen ook
Die stoomkamers in Virgin Active se klubs is van Maandag weer oop. Foto: Unsplash

Lede van Virgin Active kan van Maandag weer die stoomkamers en saunas in klubs besoek.

Hoewel klubs reeds byna ’n maand lank oop is vir oefening en groepklasse, was hierdie fasiliteite steeds gesluit.

Virgin Active is die eerste groot gimnasiumgroep wat sy stoomkamers en saunas heropen.

Planet Fitness het nog geen aankondiging hieroor gedoen nie, maar sal waarskynlik binnekort dieselfde doen.

Vlak 1 van die inperking tree ook van Maandag in werking, wat die inperkingsmaatreëls verder verslap.

Gimnasiums mag nou 50% van die kapasiteit van ’n klub op een slag toelaat.

Voorheen was lede tot net 50 beperk.

Virgin Active het reeds vroeg in September besluit om die vlak 2-regulasies te systap en meer as 50 lede op ’n slag toe te laat.

Die gimnasiumgroep het op regsadvies besluit ’n oefensessie by die gim is nie dieselfde as ’n byeenkoms nie, en daarom geld die perk van 50 lede nie.

Fasiliteite soos stoomkamers en saunas was wel steeds gesluit.

Lede kan dié fasiliteite van Maandag weer besoek, maar word gevra om eers te stort voordat hulle die sauna of stoomkamer gebruik.

Lede moet ook minstens 1,5 meter van mekaar af bly.

Saunas en stoomkamers bly wel gesluit in gebiede waar streng waterbeperkings geld, insluitende Oos-Londen en Port Elizabeth.

Meer oor:  Virgin Active  |  Staat Van Inperking  |  Vlak 1  |  Gimnasium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.