Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Godzilla’, ‘Fast and Furious’ gee Ster-Kinekor hoop

Ster-Kinekor vra sy krediteure vir meer tyd om sy sakereddingsplan voor te lê.

Die maatskappy hoop die uitreiking van nuwe lokettreffers in Julie sal meer fliekgangers na sy rolprentteaters lok.

‘Godzilla vs. Kong’ is in Maart uitgereik, maar word steeds in Suid-Afrikaanse rolprentteaters vertoon. Foto: Warner Bros. Entertainment

Die groep het in Januarie aangekondig hy is in vrywillige sakeredding geplaas weens die impak wat die Covid-19-pandemie en inperkingsmaatreëls soos die aandklokreël op sy bedrywighede gehad het.

Rolprentteaters was vir ’n groot deel van 2020 gesluit en het eers in Augustus onder streng maatreëls, en teen die helfte van hul kapasiteit, fliekgangers terugverwelkom.

Die groep het destyds gesê daar is net ’n beperkte aantal nuwe rolprente wat vir die eerste helfte van die jaar in sy fliekteaters vertoon sou kon word; dit sou ook bydra tot verdere druk op sy kontantvloei.

Hoewel daar nie die afgelope weke in Suid-Afrika baie nuwe rolprente uitgereik is nie, het sake tog by rolprentteaters begin optel, aldus ’n verklaring. Vroeë vooruitskattings wat vir Mei en Junie gemaak is, gaan ook na verwagting oortref word danksy veral die fliek Godzilla vs. Kong, waarvan vertonings landwyd goed bygewoon word.

In ’n brief aan krediteure sê Ster-Kinekor goeie vordering is reeds met die sakereddingsplan gemaak, maar hy versoek meer tyd voordat dit afgehandel kan word.

Van die goeie nuus daarin vervat, is die gevorderde gesprekke met aandeelhouers, verskaffers en verhuurders van die geboue waarin die rolprentteaters geleë is.

Daar is ook goeie vordering gemaak met derde partye en moontlike beleggers vir die groep se plaaslike en internasionale belange.

Die sakereddingspan word gelei deur Stefan Smyth, ’n vennoot by EY, en uitstel vir die bekendmaking van die plan word tot 31 Julie gevra. Die plan sal dalk voor dié datum gereed wees.

Ster-Kinekor se sakevertoning is egter steeds nie naastenby op die vlakke wat dit voor die Covid-19-pandemie was nie, maar ’n herstel in kykersgetalle word wel verwag vir die res van die jaar.

Die negende rolprent in die gewilde Fast and Furious-franchise word in Julie verwag.

Volgens die brief verseker die sakereddingspan krediteure dat kontant baie goed dopgehou word en Ster-Kinekor met sy bedrywighede sal kan voortgaan.

Meer oor:  Ster-Kinekor  |  Rolprentbedryf  |  Covid-19  |  Rolprente  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.