Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Goeie Kersfees vir Richemont se juweliersware

Die internasionale luuksegoederegroep Richemont se verkope het danksy ’n sterk aptyt vir sy juweliersware, insluitende dié van Cartier, oor die Kerstyd toegeneem.

luukse goedere
’n Cartier-horlosie. Dié handelsnaam is een van Richemont se topverkopers. Foto: Cartier-webwerf

Nadat die handelsoorsig vir die kwartaal tot einde Desember uitgereik is, het Richemont se aandeelprys stewig met 5% tot R120,59 gestyg. Dit was die sterkste styging in die indeks van top-40-aandele op die JSE.

Verkope het in die kwartaal 4,5 miljard beloop.

Uitgesluit die invloed van wisselkoersveranderinge het die verkope met 4% gestyg.

Bloomberg berig dat dit met ontleders se verwagtinge ooreengestem het.

Die groei in verkope is gelei deur die sterk verkope in juweliersware, wat 2,1 miljard van die totale verkope beloop.

Die verkope van juweliersware het met 6% gestyg, vergeleke met horlosies wat met 2% gestyg het.

Dit toon hoe belangrik juweliersware vir Richemont geword het en die noodsaaklike ondersteuning wat dit bied in ’n tyd wat die maatskappy sukkel om horlosies te verkoop, berig Bloomberg.

Richemont se eie winkels se verkope het met 5% gestyg ondanks die negatiewe uitwerking van die winkels in Hongkong wat vir die grootste deel van die kwartaal weens die studentebetogings moes sluit.

Die sterk dubbelsyfergroei in China in geheel het gehelp om die beduidende inkrimping in Hongkong teen te werk, lui sy handelsoorsig.

Richemont gaan meer intense mededinging in juweliersware die hoof moet bied nadat LVMH verlede jaar ingestem het om Tiffany & Co teen $16 miljard te koop.

Ontleders verwag dat dié Amerikaanse handelsnaam ’n sterker mededinger onder sy nuwe Franse eienaars gaan word.

“Die verbetering in die verkope van juweliersware sal vrese besweer dat die produk sy glans verloor,” het Jon Cox, ’n ontleder van Kepler Cheuvreux, gesê.

“Richemont het in Cartier die wêreld se sterkste juweliersware-handelsnaam.”

Die styging in horlosieverkope is ’n herstel van die daling wat in die eerste helfte van sy boekjaar ondervind is.

Luca Solca, ’n ontleder van Sanford C. Bernstein, meen die verkope van juweliersware en horlosies is beter as verwag gegewe die probleme in Hongkong en verkope in Japan wat weens die sterk jen onder druk was.

Die een teleurstelling vir beleggers was aanlyn verkope.

Dit is toegeskryf aan die toenemende mededinging op pryse.

Boonop het ’n storm skade aan ’n pakhuis van die aanlyn winkel Mr Porter in Italië aangerig.

Meer oor:  Richemont  |  Johann Rupert  |  Horlosies  |  Juweliersware  |  Luukse Goedere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.