Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Goeie nuus vir Tasima-werkers
Tasima se kantore in Midrand. Foto: Argief

Werkers van Tasima, ’n voormalige diensverskaffer van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), behoort binnekort weer hul salarisse te kry.

Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dat die RTMC 66 van Tasima se werknemers moet aanstel.

Die regsgeding tussen Tasima en die RTMC duur al jare lank.

Tasima het die nasionale elektroniese administrasiestelsel vir verkeersinligting (eNatis) sedert Julie 2001 bedryf. Sy kontrak om die stelsel te bedryf, is onregmatig in 2009 verleng.

eNatis word gebruik vir die lisensiëring van alle voertuie, rybewystoetse, leerlingrybewystoetse, die hantering van padverkeersoortredings en voertuie se padwaardigheid.

Op 3 April 2017 het regter Neil Tuchten in die hooggeregshof in Pretoria beveel dat Tasima die perseel in Midrand vanwaar die stelsel bedryf word, verlaat en die stelsel aan die RTMC te oorhandig.

Toe die RTMC die stelsel oorgeneem het, het hy egter gesê dat die ooreenkoms was om ’n produk (eNatis) oor te neem, en nie die ook die werknemers nie.

Tasima se verweer is dat luidens art. 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, is die RTMC verplig om die werknemers ook oor te neem. Dit is omdat eNatis as lopende saak oorgeneem is.

Die RTMC het die Tasima-werknemers se salarisse gestaak nadat die arbeidsappèlhof ’n tussentydse bevel – wat die RTMC genoodsaak het om die salarisse van 79 Tasima-werkers te betaal totdat die konstitusionele hof klaarheid oor die saak gee – tersyde gestel het.

Adv. Alistair Franklin SC het in Augustus 2019 namens Tasima in die konstitusionele hof aangevoer dat die RTMC eNatis nie kan oorneem sonder om die Tasima-werkers oor te neem nie.

Adv. Andrew Redding SC, wat die RTMC verteenwoordig, het weer gesê dat die departement van vervoer het nie verwag dat die oorplasing van Tasima se eNatis-verkeersinligtingstelsel na die departement ook die betrokke werknemers sou insluit nie.

In ’n verklaring Maandag – voordat die uitspraak gelewer is – sê die RTMC dat in plaas daarvan dat Tasima oop kaarte speel oor wat sy ware finansiële posisie is en dat hy nie salarisse kan betaal nie, hou hy aan om duur regsgedinge aanhangig te maak.

Die RTMC sê dat oor die jare het Tasima 64 sake teen hom gebring.

Regter Leona Theron het Dinsdag egter die uitsprake van die arbeidshof en die arbeidsappèlhof gehandhaaf dat art. 197 wel van toepassing is in dié geval.

“Wat die werknemers die dag voor die oordrag gedoen het, het die dag daarna voortgegaan, onderhewig aan die bestuur en toesig van RTMC. Hieruit volg dat Tasima se sake vir die doeleindes van art. 197 na die RTMC oorgeplaas word,” lui die uitspraak.

Sy sê dat “die RTMC se argument ignoreer byna ’n dekade van die werklike verbetering, bedryf, ondersteuning, instandhouding en bestuur van die eNatis, wat behels het indiensneming van baie werknemers deur Tasima, en wat Tasima se sake uitgemaak het.

“Wat beveel was om oorgedra te word, was nie ’n ontwikkelde stelsel of produk soos wat dit 2007 bestaan het nie, maar die eNatis en verwante dienste soos dit ná 9 November 2016 bestaan het.”

Meer oor:  Enatis  |  Tasima  |  Maatskappye  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.