Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Golden Arrow ly steeds onder misdaad, protes

Die Golden Arrow-busdiens se beheergroep waarsku sy skerp toename in bedryfswins in die halfjaar tot einde September sal nie in die res van die boekjaar herhaal word nie.

Hosken Passenger Logistics and Rail (HPL&R), die beheergroep van Golden Arrow wat busdienste in die Wes-Kaap voorsien, het sy bedryfswins in die ses maande tot September met 40,3% tot R234,7 miljoen opgestoot.

’n Brandweerman blus ’n Golden Arrow-bus wat in ’n betoging aan die brand gesteek is. Foto: Jaco Marais

Dit is egter omdat die vergelykende tydperk verlede jaar deur ’n staking van vyf weke lank ontwrig is.

HPL&R waarsku aandeelhouers sy gekontrakteerde inkomste sal ook meer eweredig versprei word in die 2020-boekjaar as in die afgelope boekjaar tot einde Maart 2019.

Die groep is nietemin in sy skik met die syfers te midde van groeiende misdaad en diensleweringsbetogings wat sy bedrywighede ontwrig. In die tydperk is vier Golden Arrow-busse weens diensleweringsprotes vernietig.

As die impak van die staking in Mei verlede jaar weggelaat word, was passasiersgetalle in die halfjaar egter in ooreenstemming met die vorige jaar.

HPL&R het ’n tussentydse dividend van 14c per aandeel verklaar, wat teen 17 Desember aan aandeelhouers betaal sal word.

Die groep waarsku dat die Kaapstad-metro nie die N2 Express-buskontrak kon hernu nie. Codeta, ’n taxivereniging wat deur die Khayelitsha-taxivereniging beheer word, het geweier om saam met Golden Arrow en Route 6, wat deur die Mitchells Plain-taxivereniging beheer word, in vennootskap te gaan om dié roete te bedryf. Dit behels die bedryf van 40 busse tussen Khayelitsha en Mitchells Plain en die Kaapstadse middestad. Die kontrak het aan die einde van Mei vanjaar verstryk.

In die oorsigtydperk het HPL&R die oorblywende aandele in Sibanye Bus Services en Table Bay Area Rapid Transport oorgekoop wat hy nog nie besit het nie.

HPL&R het in die halfjaar R200,8 miljoen se kontant uit sy bedrywighede gegenereer teenoor net R45,4 miljoen ’n jaar gelede. Sy kontant in die bank aan die einde van die halfjaar is R377,8 miljoen teenoor R258,3 miljoen verlede jaar.

Sy wins vir die jaar is R132,8 miljoen teenoor ’n jaar gelede se wins van R83,6 miljoen.

Meer oor:  Golden Arrow  |  Protesoptogte  |  Busse  |  Infrastruktuur  |  Openbare Vervoer  |  Misdaad  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.