Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Gordhan: Staat sal die week sê waar SAL geld kry

Die regering sal die aanvangsfinansiering verskaf om sekere herstruktureringskoste van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te dek, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê.

‘n Foto wat Numsa op sy Facebook-blad gedeel het Vrydag met die betogings wat saam met die Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) by SAL se hoofkantoor in Kempton Park gehou is. Foto: Facebook

Die nuusdiens Bloomberg het 16:40 Saterdag berig hy het so op navrae gereageer.

SAL benodig R10,6 miljard om weer aan die gang te kom.

Die geld is nodig vir werkers se skeidingspakkette, om krediteure te betaal en om bedryfskoste te dek, het Gordhan gesê.

“Die geldkwessie van regeringskant sal die komende week in vergaderings opgelos word, maar die verbintenis is afgehandel,” het hy per e-pos gesê.

Terwyl die regering verskillende opsies oorweeg en verskillende instellings en leners genader het om die finansiering te kry, sal hy dalk geld uit die staatskas moet haal om SAL te red en nuwe aandeelhouers te kry.

“Die proses om aandeelhouers te kry sal nog ’n bietjie tyd neem om af te handel, dit kom later. Op die oomblik is geld nodig vir die herstruktureringskoste,” het hy gesê.

SAL is in Desember in sakeredding geplaas.

Tito Mboweni, minister van finansies, het voorheen aangedui die regering het nie die geld beskikbaar om die SAL te red nie. Hy het gesê hy sal help om geld van ander bronne te kry.

Gordhan meen as die 2020-begroting herprioritiseer word, sal dit genoeg wees om die herstruktureringskoste te dek.

Bloomberg het Vrydag laatmiddag berig die sakeredders van SAL is steeds in die duister oor wanneer die finansiering gekry gaan word wat die regering gesê het hy gaan verskaf.

LEES OOK: SAL: Regering beloof glo R10,5 mjd. is 'op pad’

Louise Brugman, woordvoerder van die sakeredders, het gesê die regering het Vrydagoggend ’n brief aan die praktisyns gestuur wat sê die nasionale tesourie en die kabinet het R10,5 miljard se finansiering vir die SAL goedgekeur.

Volgens haar is daar nie in die brief gesê wanneer die geld ontvang gaan word nie. LEES OOK: SAL: Vakbonde dreig klaar met hofsake

Sy het gesê dit is belangrik om te weet wanneer die geld ontvang gaan word vir die besluit of die SAL gelikwideer moet word, as lopende saak toegemaak word (wat beteken dele van hom bestaan voort) of toegelaat word om handel te dryf.

Personeel van SAL wat aan die Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) behoort, Vrydag by ’n betoging teen die staat wat steeds nie die geld verskaf het wat beloof is om die lugdiens te red en hul skeidingspakkette te betaal nie. Foto: Facebook

Die departement van openbare ondernemings het in ’n verklaring gesê die lugdiens gaan nie gelikwideer word nie. In die verklaring is gesê die herstruktureringsproses nader sy voltooiing in die komende paar weke.

Bronne met nadere kennis het ook Vrydag gesê die regering is in gesprekke met die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) om van die finansiering te verskaf.

Sowat 20 finansiers van die private sektor en private-ekwiteitsbeleggers het al belangstelling getoon in ’n herstruktureerde SAL en die aanbiedings word bekyk, het die departement van openbare ondernemings ook gesê.

Die Ethiopiese lugdiens is ook in gesprekke met die SAL om bystand te verleen, het bronne met kennis oor die situasie gesê.

Dié lugdiens wil beheer oor die SAL verkry, moontlik met ’n bestuurskontrak, volgens hulle. – Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.