Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GPI-aandeel skerp op voor nuwe datum vir vergadering

Grand Parade Investments (GPI), Suid-Afrikaanse lisensiehouer van die hamburgerreus Burger King, gaan Vrydag laat weet wanneer die buitengewone aandeelhouersvergadering sal hervat wat Woensdagaand verdaag is.

GPI het die Suid-Afrikaanse bedryfslisensie vir die Amerikaanse roomyswinkel Baskin-Robbins, wat roomyskoeke soos dié maak.Foto: BASKIN-ROBBINS

Sy aandeelprys op die JSE was Donderdag skerp met 8% hoër op R2,40.

Die meeste van die sowat 400 aandeelhouers wat Woensdagaand by die Samaj-sentrum in Athlone byeengeroep is, het verkies dat die vergadering eerder uitgestel word sodat hulle meer inligting kan kry oor die redes waarom hulle moes stem oor nuwe nie-uitvoerende direkteure.

Colin Priem, finansiële hoof van GPI wat as voorsitter waargeneem het nadat Hassen Adams, uitvoerende voorsitter, skielik siek geword het, het belowe hy sal laat weet wanneer en waar die vergadering hervat sal word.

Aandeelhouers wou eers meer inligting kry oor waarom sekere besorgde aandeelhouers wil hê dat oor die posisies van huidige nie-uitvoerende direkteure gestem moet word. Die groep besorgde aandeelhouers, wat sowat 12% van GPI se markwaarde verteenwoordig, meen die groep het sy kapitaal verkeerd aangewend die afgelope jare toe hy van dobbel na kos gediversifiseer het, soos blyk uit die afgelope jaar of wat se verliese en ’n daling in die aandeelprys.

GPI is in 1997 as bemagtigingsgroep gestig met R28 miljoen wat van meer as 20 000 gewone beleggers van die Kaapse Vlakte ingesamel is. Die groep het ’n wesenlike belang in die GrandWest-casino gehad, asook in die Worcester-casino, maar het dié belange mettertyd verklein en uitgebrei na die voedselbedryf deur die plaaslike lisensies vir Burger King, Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins te kry. Laasgenoemde twee sukkel egter in Suid-Afrika.

Adams het vroeër die besorgde aandeelhouers beskryf as gewetenlose, roofsugtige en opportunistiese batebestuurders wat die afgelope maande baie GPI-aandele opgekoop het. Hy meen hulle is daarop uit om ’n vyandige oorname te probeer bewerkstellig.

Jarred Winer van Westbrooke Alternative Asset Management en een van die besorgde aandeelhouers, meen egter hulle wil nie die maatskappy oorneem nie, maar bloot sorg dat dit in die regte rigting bestuur word.

Meer oor:  Dunkin' Donuts  |  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Baskin-Robbins  |  Hassen Adams  |  Grandwest  |  Restaurante  |  Dobbelbedryf  |  Kitskos  |  Dobbel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.