Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GPI raak ontslae van belang in dobbelmasjiene

Die Kaapse bemagtigingsgroep Grand Parade Investments (GPI), eienaar van die plaaslike Burger King-franchise, het ingestem om sy oorblywende 30%-belang in Sun Slots aan Sun Slots terug te verkoop.

Grand Parade Investments (GPI) gaan sy 30%-blenag in Sun Slots dobbelmasjiene verkoop om eerder te kan dividende uit keer. Foto: Unsplash

GPI sê dit sal aansienlike waarde vir aandeelhouers ontsluit en hom weer in staat stel om dividende te kan uitkeer.

Dié nuus het beleggers se monde laat kwyl en GPI se aandeelprys het Vrydag met meer as 8% tot R2,88 opgeskiet.

Sun Slots bedryf sowat 5 200 sogenaamde beperkte-uitbetaal-dobbelmasjiene in kroeë of hotelle in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Die wins uit die verkoop van die belang in Sun Slots sal gebruik word om van sy skuld af te betaal.

Mohsin Tajbhai, uitvoerende hoof van GPI, sê die transaksie gee GPI kans om sy balansstaat te herstruktureer. Hy beoog om deel van die wins aan aandeelhouers terug te gee in die vorm van ’n spesiale dividend of die terugkoop van aandele.

GPI is in 1997 gevorm en het in 2002 duisende voorheen benadeelde mense uit die Kaapse Vlakte as aandeelhouers gekry nadat hulle sy openbare aanbod van aandele opgeneem het. Hy het in 2008 op die JSE genoteer.

Die maatskappy het aanvanklik swaar in die dobbelbedryf belê deur die bemagtigingsvennoot van die hotel- en-dobbelgroep Sun International se GrandWest Casino in Goodwood te word. Dit het later ook ’n belang in Sun International se Golden Valley Casino in Worcester gekoop.

GPI het mettertyd besluit om sy blootstelling aan die dobbelbedryf stelselmatig te verklein en meer in die voedselbedryf te belê, onder meer deur die belegging in Burger King en die mislukte beleggings in Dunkin Donuts en Baskin-Robbins.

GPI het Sun Slots in 2010 oorgeneem en daarna sy belang verklein deur dit aan Sun International te verkoop. Die laaste vorige transaksie was in 2017 toe hy 30% in Sun Slots behou het.

Volgens GPI het Sun International in Mei vanjaar met ’n ongevraagde aanbod gekom om die oorblywende 30% te koop. Dit is dié belang wat nou aan Sun Slots verkoop is. Sun International hou steeds 70% van Sun Slots.

Meer oor:  Beleggings  |  Dobbelbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.