Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GPI verwag groter verlies weens pandemie

Die sluiting van casino’s en kitskosrestaurante vir groot dele van die staat van inperking was ’n groot terugslag vir Grand Parade Investments (GPI), wat reeds voor die Covid-19-krisis interne storms moes trotseer.

Die dobbeldryf kon eers weer in Julie sake doen. Foto: Unsplash

GPI se basiese verlies gaan met meer as drie keer styg vir die ses maande tot einde Junie, het die Kaapse beleggingsbeheerfirma in ’n handelsverklaring aangekondig. Sy wesensverlies gaan byna verdubbel. Dis vergeleke met die ses maande tot Junie 2019.

Die maatskappy het die meesterlisensie vir Burger King en die vleisaanleg Grand Foods Meat Plant onlangs verkoop om weer op sy oorspronklike missie as beleggingsbeheerfirma met belange in die dobbelbedryf te fokus. Die transaksie, vir R593 miljoen, is nog nie voltrek nie en Burger King sal dus nog deel wees van GPI se syfers wanneer dit op 23 September uitgereik word.

GPI besit 15,1% van SunWest, wat die GrandWest-casino in Kaapstad, die Table Bay-hotel en ’n belang in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum besit; 15,1% van die Golden Valley-casino in Worcester; en 30% van Sun Slots, ’n maatskappy wat muntoutomaat-dobbelmasjiene by kroeë en ander vermaaklikheidsplekke bedryf.

Casino’s was vanaf laat Maart tot einde Junie gesluit – dus meer as drie maande van die afgelope halfjaar. Burger King kon wel in Mei vir tuisaflewering heropen en in Junie ten volle.

Die maatskappy sê hy het al die moontlike gedoen om koste te bespaar, insluitend die vermindering van salarisse, tydelike afleggings en verminderde werksure, die heronderhandeling van huurkontrakte, en die heronderhandeling van lenings.

Die groep sê die opbrengs uit die verkoop van Burger King en ook van sy hoofkantoor in Heerengracht 33, Kaapstad (vir R90 miljoen) is meer as sy skuld. As dit voltrek is, sal die maatskappy skuld verminder en weer dividende begin betaal.

Meer oor:  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Casino's  |  Kitskos  |  Dobbel  |  Restaurante  |  Dobbelbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.