Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GPI wil oopmaak oor vergoeding

In wat beskou kan word as ’n deurbraak vir aandeelhoueraktivisme en ’n maatskappy wat bereid is om te luister na sy aandeelhouers, gaan die bemagtigingsmaatskappy Grand Parade Investments (GPI) vanjaar meer deursigtig wees oor hoe hy oor die vergoeding van sy topbestuurders besluit.

Dunkin’ Donuts is in die GPI-stal.

GPI, houer van die Suid-Afrikaanse meesterlisensie vir die kitskosreus Burger King en Dunkin’ Donuts, sê sy vergoedings-en-nominasiekomitee het belowe om die kernprestasie-aanwysers (KPI’s) van sy topbestuur te ontleed en volledig daaroor verslag te doen in die vergoedingsverslag wat in 2019 gepubliseer gaan word.

Die komitee sal ook die gewigte en versperringskoerse wat aan die KPI’s gekoppel is, openbaar maak.

Dit kom nadat 60,56% van GPI se aandeelhouers op sy jaarvergadering in Desember teen die maatskappy se vergoedingsbeleid gestem het, en 62,86% teen die inwerkingstelling van die beleid gestem het.

GPI het ná die jaarvergadering belowe om ’n telekonferensie met aandeelhouers te hou, en dit is toe die afgelope Maandag gehou. Maar net sewe mense, wat 13,28% van GPI se aandeelkapitaalverteenwoordig, het aan die telekonferensie deelgeneem.

Dié groepie aandeelhouers het gesê hulle is besorg oor die maatskappy se vlak van openbaarmaking van hoe hy sy vergoedingsbeleid toepas. Dit verwys spesifiek na kort- en langtermyn-aansporings, en wat hulle meen ’n gebrek aan fynere besonderhede oor die gewigte en versperringskoerse van die topbestuur se KPI’s is. Die aandeelhouers wou ’n tydskaal hê van hoe spesifieke teikens gehaal gaan word.

Die vergoedingskomitee het onderneem om verder met die aandeelhouers te skakel voordat die vergoedingsbeleid vir die 2020-boekjaar aanvaar word, het GPI gesê.

Batebestuurders wat 12,6% van GPI namens hul kliënte besit, het einde verlede jaar ’n veldtog gevoer om GPI se direksie te vernuwe. Op ’n spesiale vergadering is twee nuwe nie-uitvoerende direkteure verkies.

Prabashinee Moodley het in Desember as uitvoerende hoof van GPI bedank. Dit is die tweede uitvoerende hoof wat binne net meer as ’n jaar by die maatskappy bedank.

GPI se aandeelprys was Maandag op die JSE 3,57% laer op R2,70.

Kort ná dié aankondiging het GPI aangekondig hy wys Mohsin Tajbhai, sy bedryfshoof, as waarnemende uitvoerende hoof aan.

Dit kom nadat Prabashinee Moodley ná skaars ses maande in die pos in Desember bedank het. Moodley se voorganger, Tasneem Karriem, het onverwags in Junie bedank nadat sy ook nie eens ’n jaar in die posisie was nie.Moshin het ’n meestersgraad in ingenieurswese en ’n MBA, albei van die Universiteit van Kaapstad.

GPI dui nie aan hoe sy soektog na ’n permanente aanstelling vorder nie.

Meer oor:  Dunkin' Donuts  |  Burger King  |  Gpi  |  Hassen Adams  |  Burgers  |  Restaurante  |  Roomys  |  Kitskos  |  Beleggingsbeheerfirma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.