Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GRAFIKA: Inkomste, wins ‘val dalk met 10%’

Finansiële hoofde van maatskappye in Afrika verwag ’n skerp afname in die inkomste en wins van hul firmas in die komende maande.

Commercial buildings and office property stand on
Johannesburg, Gauteng. Foto: Getty Images

In ’n peiling wat PwC onder 55 finansiële hoofde van nege lande in Afrika suid van die Sahara gedoen het, het 65% aangedui maatskappy-inkomste en -wins sal met minstens 10% krimp.

Die inperkingsmaatreëls wat talle Afrikalande ingestel het om die verspreiding van die koronavirus te probeer beperk en om hul gesondheidstelsels gereed te kry vir die toeloop van pasiënte, het ekonomiese aktiwiteit in talle sektore tot stilstand laat knars.

Al kom die meeste sektore geleidelik weer aan die gang, sal die inperking inkomste en wins in die afsienbare toekoms knou.

Die neerdrukkende ekonomiese vooruitsigte vir baie maatskappye sal ook noodgedwonge tot herbesinning oor besteding lei.

Sowat 60% van die respondente het gesê hul maatskappye sal beplande investering moet heroorweeg, terwyl 49% aangedui het hul finansiële planne vir die jaar sal aansienlik aangepas moet word.

firmas

Meer oor:  Pwc  |  Staat Van Inperking  |  Maatskappye  |  Peiling  |  Verlies  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.