Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GRAFIKA: SAL en Eskom: 21 hoofde in 10 jaar
Vuyani Jarana Foto: Felix Dlangamandla

Twee van Suid-Afrika se grootse staatsondernemings – die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en Eskom – het 21 uitvoerende hoofde in tien jaar gehad.

Nog ’n uitvoerende hoof het die afgelope week bedank.

Vuyani Jarana, wat aan die hoof van die SAL gestaan het, het op 29 Mei sy bedanking ingedien.

Dit is net vyf dae ná Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, die handdoek ingegooi het.

Sedert 2007 het Eskom elf en die SAL tien uitvoerende hoofde gehad.

Lees ook: ’n Tydlyn van Eskom se talle kortstondige hoofde

Hoewel Jarana reeds op 29 Mei bedank het, het die departement van openbare ondernemings geen aankondiging hieroor gemaak nie.

Die nuus het eers Sondag bekend geword toe onder meer Fin24 Jarana se bedankingsbrief in die hande gekry het.

Die SAL het teen 13:00 Sondag nog geen kommentaar gelewer oor Jarana se bedanking nie.

Wie was vantevore in beheer en hoekom het hulle geloop?

  • 2009: Khaya Ngqula, wat in 2004 as uitvoerende hoof aangestel is, word in 2009 geskors omdat hy glo by verskeie ongerymdhede betrokke was. Hy het onder meer glo SAL-borgskappe van meer as R120 miljoen met die internasionale ATP-tennisreeks gesluit sonder dat hy die magtiging gehad het om dit te doen. Chris Smythe word aangestel om waar te neem.
  • 2010: Chris Smythe, ’n vlieënier van beroep, bedank ná Siza Mzimela permanent in die pos aangestel word. Smythe verlaat die SAL om die private sektor te betree.
  • 2012: Siza Mzimela bedank te midde van ’n dispuut tussen die direksie en die regering. Vuyisile Kona, toe voorsitter van die SAL se direksie, neem waar in die pos.
  • 2013: Vuyisile Kona word geskors ná ongespesifiseerde “bewerings”. Nico Bezuidenhout word vir die eerste keer as waarnemende hoof by die SAL aangestel.
  • 2013: Nico Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, neem in dié jaar ’n maand lank waar as hoof. Monwabisi Kalawe word permanent in die pos aangestel. Hy is die vierde hoof in net ses maande by die SAL.
  • 2014: Monwabisi Kalawe word geskors weens onder meer beweringe van seksuele teistering. Voor sy dissiplinêre proses afgehandel is, besluit hy om self te bedank. Nico Bezuidenhout word daarna weer as uitvoerende hoof van die SAL aangestel.
  • 2015: Nico Bezuidenhout keer terug na sy vorige posisie as hoof van die SAL se laekostefiliaal Mango en Thuli Mpshe word aangestel om waar te neem.
  • 2015: Thuli Mpshe, wat verantwoordelik was vir menslike hulpbronbestuur, neem drie maande lank waar. Musa Zwane word ook in ’n waarnemende kapasiteit aangestel.
  • 2017: Musa Zwane word geskors en toe afgedank weens sy betrokkenheid by finansiële ongerymdhede. Vuyani Jarana word as permanente hoof van die SAL aangestel.
  • 2019: Vuyani Jarana bedank omdat hy meen die SAL kry nie genoeg ondersteuning om sy regrukplan in werking te stel nie.
SAL

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.