Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GRAFIKA: Só vaar Sasol-aandeel in see van storms
sasol

Die petrochemiese reus Sasol het hom die afgelope jaar in ’n stormsee bevind wat sy aandeelprys betref.

Sowat ’n jaar gelede, op 3 Oktober 2018, het dit nog teen R562,23 op die JSE verhandel. Dit het sedertdien met 48,24% tot sowat R291,00 geval.

Die grootste rede vir dié daling is die probleme wat hy met sy Lake Charles-projek in die VSA ervaar. Dit is ’n etaankraker en aanleg vir die vervaardiging van laedigtheid-poliëtileen.

Die projek moes reeds in 2018 teen $8,9 miljard voltooi wees. Dit is nou, in September 2019, steeds nie voltooi nie en gaan nou sowat $12,9 miljard kos.

Elke keer wat Sasol die afgelope jaar ’n groot aankondiging gemaak het wat verband hou met dié projek, het sy aandeelprys behoorlik deurgeloop. Dit het byvoorbeeld op 22 Mei met 12% geval kort nadat Sasol aangekondig het hy het “bekommerd geraak oor die akkuraatheid van die kostevooruitsig van die projek” nadat ’n “aantal veranderinge gemaak is aan die bestuur van die projek”.

Hy het tóé aangekondig dat hy verwag dat die projek hom waarskynlik $1 miljard meer gaan kos as voorheen verwag. Dit het die kostevooruitsig op $12,9 miljard gebring.

Op 16 Augustus het Sasol se aandeelprys weer ’n dwarsklap gekry en met bykans 16% geval toe hy aankondig hy stel die uitreiking van sy jaarsyfers met ’n maand uit.

Sasol het sedertdien weer die uitreiking uitgestel. Hy sal nou na verwagting eers op 31 Oktober sy resultate bekend maak.

Sasol se hoofkantoor in Sandton, JohannesburgFoto: Elvira Wood

Goeie nuus

Sasol het die afgelope week egter weer vir ’n slag die wind van agter gekry. Dit was ook te danke aan internasionale gebeure, maar dié keer niks waaroor Sasol self beheer het nie.

Die skerp styging in die olieprys sedert die naweek se aanval op groot olieaanlegte in Saoedi-Arabië het sedert Maandag gehelp om Sasol se aandeelprys te lig. Dit het Vrydag op R278,55 op die JSE gesluit. Teen Maandag het dit bykans 10% hoër op R306 gesluit.

Woensdag verhandel Sasol teen R291,06 wat hom ’n markwaarde van R181,79 miljard gee.

Fin24 berig dat die hoër olieprys die afgelope dae beteken dat Sasol, omdat hy brandstof verkoop, waarskynlik ’n groter wins sal maak omdat hy ’n gereguleerde winsmarge gegrond op die olieprys kry.

Meer oor:  Sasol  |  Lake Charles  |  Brandstof  |  Olieprys  |  Chemikalieë  |  Olie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.