Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GRAFIKA: Waar bank SA die lekkerste aanlyn?
Spaarvarkies is lankal iets van die verlede danksy maklike toegang tot internetbankdienste.Foto: Unsplash

Uit Suid-Afrika se vyf grootste banke is daar ’n klinkklare gunsteling wat aanlyn bankdienste betref.

Luidens navorsing deur die konsultasiefirma Columinate is Capitec se kliënte ooglopend die gelukkigste met die manier waarop hulle aanlyn kan bank.

Columinate het 3 000 Suid-Afrikaners gevra hoe tevrede hulle is met hul bank se aanlyn dienste en het uiteindelik elke bank ’n punt uit 100 toegeken.

Daarvolgens is Capitec die voorloper wat betref die beste slimfoon-app en is hy gelykop met FNB wat betref die beste algehele digitale ervaring.

Capitec se slimfoon-app kry ’n punt van 82 terwyl dié bank sowel as FNB ’n algehele punt van 79 kry vir hul digitale aanbod.

Tevredenheid met Nedbank se aanlyn dienste is ’n skaflike 65 punte, maar Standard Bank en Absa se punt is albei onder 60.

Kliënte blyk ook uiters gelukkig te wees met Capitec en FNB se internetbankdienste wat albei ’n punt van 77 behaal het in Columinate se peiling.

Luidens sy jongste jaarverslag het Capitec nou meer as 5,2 miljoen digitale bankkliënte, die meeste in Suid-Afrika.

Volgens die bankombudsman word verbruikers die meeste die harnas ingejaag deur Absa. Die ombudsman het in 2018 meer as 1 770 klagtes oor dié bank ontvang.

Probleme met internetbankdienste is verreweg die grootste bron van klagtes onder al die banke. Altesame 22% van klagtes aan die ombud het hieroor gehandel.

bankdienste, banke

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Bankdienste  |  Bankbedryf  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.