Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
GrandWest suiwer nou sy eie water
Die watersuiweringsaanleg by die GrandWest-casino in Goodwood.

Die casino vat jou geld, maar hulle mors darem nie met die water nie.

Sun International se GrandWest-casino in Goodwood het te midde van Kaapstad se watertekort pas ’n watersuiweringsaanleg van R18 miljoen by sy perseel in bedryf gestel wat die hele kompleks van water voorsien sodat hy nie van munisipale water afhanklik is nie.

Die projek het die sink van vier diep boorgate behels, en die suiwering van die water om tot 10 000 kiloliter per maand te lewer.

GrandWest het tot dusver R50 per kiloliter water betaal vergeleke met die koste van R9,20 per kiloliter van die watersuiweringsaanleg. Die onderneming kan dus binne twee en ’n half jaar die koste van die projek uit die gevolglike besparing opmaak.

Sedert die streng waterbeperkings in Kaapstad en voordat GrandWest die nuwe stelsel gebruik het, het hy reeds byna 50% minder drinkwater gebruik danksy waterbesparingsmaatreëls.

Mervyn Naidoo, hoofbestuurder van GrandWest, sê hulle besef grondwater is nie ’n onbeperkte bron nie en hulle beplan om dieselfde Vlak 6B-beperkings op die boorgatwater toe te pas as toe hulle munisipale drinkwater gebruik het.

Van die watersuiweringstoerusting by GrandWest.

Johan Gelderblom, ingenieursbestuurder van GrandWest, verduidelik die water uit die vier boorgate word eers deur vooraf-filters gestuur wat die meeste van die metale en vaste deeltjies verwyder.

Die filters help om die water te oksideer voordat dit in ’n buffertenk bewaar word. Daarna gaan dit deur ’n stel tru-osmose-filters van waar dit na ’n opgaartenk van 400 000 liter gestuur word. Voordat dit na die kompleks se hoofwaterreservoir gepomp word, word die water verder gesuiwer en bakterieë word verwyder.

GrandWest kry sowat 500 000 besoekers per maand.

Meer oor:  Grandwest  |  Sun International  |  Casino  |  Waterbesparing  |  Dag Zero  |  Droogte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.