Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Grensposte bly slegs hiervoor oop

Die groot opeenhoping by grensposte en die talle mense wat daar blootgestel word aan die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, het gelei tot die sluiting van grensposte.

Die opeenhoping van voertuie in Desember by die Beitbrug-grenspos wat glo 14 km ver gestrek het. Foto: Verskaf

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand gesê dit is ook moeilik om te verseker dat mense voldoen aan die gesondheidsvereistes om die land binne te kom. Talle mense daag op sonder ’n bewys dat hulle negatief getoets is vir Covid-19.

Om die opeenhoping en die groot gevaar van verspreiding te verminder, het die kabinet besluit dat die land se grensposte wat tans oop is, tot 15 Februarie gesluit sal word vir algemene aankoms en vertrek.

Dit sluit in die ses besigste grensposte: Beitbrug, Lebombo, Maseru Bridge, Oshoek, Ficksburg en Kopfontein.

Mense sal egter steeds toegelaat word om die land binne te kom of te verlaat vir onder meer:

  • Die vervoer van brandstof, vrag en goedere;
  • Mediese noodgevalle vir ’n lewensbedreigende toestand;
  • Die terugkeer van Suid-Afrikaanse burgers, permanente inwoners of mense met ander geldige visums;
  • Die vertrek van buitelandse burgers; en
  • Daaglikse pendelaars uit buurlande wat in Suid-Afrika skoolgaan.
  • Diplomate mag ook die grense oorsteek.

Ramaphosa sê die volledige lys van redes waarvoor die land binnegekom of verlaat kan word, sal in die regulasies vervat word.

Hy het niks oor internasionale lughawens gesê nie.

Die berig sal opgevolg word wanneer die regulasies uitgereik word. 

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Ficksburg  |  Beitbrug  |  Inperking  |  Grensposte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.