Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Greyhound, Citiliner se wiele hou op rol

Ná 37 jaar gaan Greyhound en Citiliner hul busdienste op 14 Februarie in Suid-Afrika staak.

Greyhound
Greyhound behoort aan Unitrans, wat al in 2019 aangekondig het hy wil sy passasiersbusdienste verkoop.

Sowel Greyhound as Citiliner behoort aan Unitrans, op sy beurt ’n filiaal van KAP Industrial, wat reeds lank voor die Covid-19-pandemie besig was om kopers te soek vir sy passasiersvervoerafdeling.

Greyhound en Citiliner kondig albei op hul webwerf aan almal wat ’n kaartjie vir ná 14 Februarie bespreek het, sal hul geld terugkry. Hulle kan 011 611 8000 of 087 352 0352 skakel of ’n e-pos stuur na refunds@greyhound.co.za. Hulle moet dit voor 31 Maart doen.

“Ons wil julle graag vir jul steun oor die afgelope 37 jaar bedank,” luidens die boodskap.

Greyhound het in 1984 in Suid-Afrika begin sake doen en vervoer volgens sy webwer jaarliks meer as 800 000 passasiers oor 25 miljoen km pad. Die diens reis tussen Suid-Afrika se grootste stede, asook na Harare in Zimbabwe, Maputo in Mosambiek.

Citiliner het nagenoeg 500 000 passasiers per jaar oor 8 miljoen km vervoer. Dis onseker hoe lank Citiliner al bestaan.

KAP het reeds vóór die Covid-19-pandemie bekend gemaak dat hy sy interstad-busdienste wil verkoop. Die afdeling het in die boekjaar tot einde Junie 2020 ’n inkomste van R2,2 miljard verdien (8,6% laer as in 2019) en R166 miljoen wins gemaak (-23,5%). Interprovinsiale reis was lank verbode op die strenger vlakke van inperking, en internasionale en plaaslike toerisme word steeds swaar getref.

Meer oor:  Kap Industrial  |  Citiliner  |  Greyhound  |  Vervoer  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Busse  |  Infrastruktuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.