Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Griep was vanjaar baie erg, sê Adcock

Met die dat verbruikers nou pyn-en-koorsmedisyne met kodeïen in, soos Myprodol en sy generiese weergawes Mybulen en Gen-Payne, sonder ’n voorskrif mag koop, is ’n tweesnydende swaard vir die farmaseutiese maatskappy Adcock Ingram.

adcock ingram
Andy Hall, uitvoerende hoof van Adcock Ingram.

Adcock vervaardig nie dié middels nie, maar dit het nou beweeg in die ruimtes waar hy sy eie oor-die-toonbank-medisyne en verbruikersprodukte, soos Panado, verkoop. Aan die ander kant neem dit ’n bietjie mededinging weg vir sy voorskrif-pynmedisyne.

Andy Hall, uitvoerende hoof vann Adcock Ingram, sê die regulasies wat tot die laer skedule vir sekere pyn-en-koors-medisyne gelei het, is reeds nagenoeg 18 maande gelede deurgevoer, maar dit begin nou eers ’n uitwerking op die groep se syfers hê.

Ondanks dié aanpassing het Adcock ’n baie goeie boekjaar agter die rug. Die groep se inkomste het met 11% tot R7,1 miljard gestyg en sy bruto wins met 11% tot R2,8 miljard.

Beleggers was ook heel ingenome en die groep se aandeelprys het met 4,86% tot R58,20 gestyg.

Adcock vervaardig onder meer Panado, Allergex, Citro-Soda en Adco- generiese medisyne.

Hall sê hul syfers is behaal danksy ’n goeie fokus op hul verkope, bemarking en klante, en hulle trek voordeel uit handelsname wat Suid-Afrikaners nou al dekades lank vertrou. Daar is nog geen teken dat verbruikers meer geld in hul sak het nie.

Hall sê hul syfers wys wel dat Suid-Afrikaners in Junie vanjaar ’n “baie erge griepseisoen” beleef het.

In syfers

Adcock Ingram se syfers vir die boekjaar tot einde Junie:

  • Inkomste: Styg met 11% tot R7,1 miljard
  • Bruto wins: Styg met 11% tot R2,8 miljard
  • Handelswins: Styg met 12% tot R955 miljoen
  • Wesensverdienste: Styg met 11% tot nagenoeg R4,22 per aandeel
  • Voljaardividend: Styg met 16% tot R2

NGV

Hall sê hulle volg die proses wat betref die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nougeset.

Die NGV gaan wel ’n impak op farmaseutiese maatskappye hê.

Aan die positiewe kant sê Hall dit kan baie mense in die gesondheidstelsel inbring wat op die oomblik “ondergediagnoseer en onderbehandel” is.

Aan die negatiewe kant is die bedryf bekommerd dat die sentrale verkrygingstelsel wat deur die NGV verskaf word, die prys van voorskrifmedisyne só gaan afdruk dat dit die plaaslike vervaardiging daarvan onvolhoubaar maak. “Hopelik is die regering nie so kortsigtig om daardie roete te volg nnie.”

Só vaar verskillende afdelings

  • Oor-die-toonbank-medisyne: Dié afdeling verkoop produkte waarvoor ’n voorskrif nie nodig is nie, maar wat wel van ’n apteker gekry moet word. Dit sluit in Allergex, Corenza C en Citro-Soda. Laasgenoemde het die afgelope jaar baie goed gevaar. Die afdeling as geheel het effens laer verkope (-0,3%) gehad op R1,98 miljard en die handelswins het met 2,8% tot R388,4 miljoen gedaal. Die afdeling het nuwe bestuur gekry en is besig met ’n omkeerplan.
  • Voorskrifmedisyne: Dié afdeling se verkope het met 22,4% tot R2,74 miljard opgeskiet en die handelswins met 29,5% tot R310 miljoen.
  • Verbruikersprodukte: Dis pille en vitamienaanvullings wat op die rak verkoop word, soos Panado, Compral, Bioplus en Vita-thion. Verkope het met 14,6% tot R787 miljoen gestyg en handelswins met 19,6% tot R134,2 miljoen.
  • Hospitaalprodukte: Dié afdeling verkoop medisyne en mediese toerusting aan hospitale. Verkope het met 7,9% tot R1,46 miljard gestyg en handelswins met 17,7% tot R112,2 miljoen.
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.