Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Grindrod pas aan voor notering van skeepsafdeling
’n Steenkoollaaier by die Matola-steenkooleindpunt in die hawe van Maputo in Mosambiek. Grindrod bedryf die eindpunt.Foto: Grindrod

Die skeeps- en logistiekegroep Grindrod se aandeelprys is die afgelope week aangepas in afwagting van die afsonderlike notering van sy skeepsredery-afdeling en die JSE het Donderdag ’n verduidelikende nota daaroor uitgereik.

Die JSE het verduidelik Grindrod Shipping gaan op 19 Junie afsonderlik noteer, en Grindrod het Woensdag ongenoteerde verpligte omskepbare skuldbriewe aan aandeelhouers uitgereik, wat op 19 Junie in gewone aandele in Grindrod Shipping Holdings omgeskep sal word.

Die JSE verduidelik dié soort transaksie gebeur nie so dikwels nie. Dit is ongewoon omdat die ontbondelde deel van die Grindrod-aandele vir ’n paar dae tot op 19 Junie nie verhandel word nie.

Die JSE se reëls is dat as die maatskappy wat ontbondel nie verhandel kan word op die datum waarop sy aandele van die moedermaatskappy ontbondel word nie, en sy geraamde waarde wyk 10% of meer af gemeet aan die moedermaatskappy se aandeelprys ná die ontbondeling, sal die moedermaatskappy se openingsprys die dag van die ontbondeling aangepas word.

Die JSE sê wat gewoonlik gebeur is dat die ontbondeling en die notering van die nuwe ontbondelde entiteit op dieselfde dag plaasvind.

Grindrod se aandeelprys voor die ontbondeling het Dinsdag op R12,77 gesluit en ’n kapitaalterugbetaling van net meer as R5,55 per aandeel is daarna toegepas as verteenwoordigend van Grindrod Shipping se waarde. Dit het neergekom op ’n sluitingsprys vir Grindrod van net meer as R7,21 in die JSE se indeksreeks. Grindrod se openingsprys op die JSE was Woensdagoggend egter R9,20, en sy openingsprys in die indeksreeks is dus toe ook aangepas na R9,20. Grindrod is ingesluit in 18 verskillende indekse van die JSE.

Grindrod het Woensdag aandeelhouers herinner dat hulle een Grindrod Shipping-aandeel kry vir elke 40 Grindrod-aandele wat hulle besit. Die aandeelprys was Donderdag egter 2% laer op R8,65.

Meer oor:  Jse  |  Grindrod  |  Maatskappye  |  Notering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.