Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Groen lig vir MMI se ‘nuwe’ naam

Momentum Metropolitan is die “nuwe” naam vir MMI nadat aandeelhouers geesdriftig ten gunste daarvan gestem het.

momentum
Metropolitan en Momentum het nege jaar gelede saamgesmelt.

Stemme wat 99% van die aandele op die spesiale vergadering verteenwoordig, is ten gunste van die naamsverandering uitgebring. Dit verteenwoordig byna 80% van al MMI se aandele.

Die naamsverandering moet nou deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom bekragtig word. Dit sal na verwagting op 19 Julie van krag word. 

MMI se aandeelkode op die JSE sal dan ook van MMI na MTM verander.

Die naamsverandering kom nege jaar nadat Metropolitan en Momentum saamgesmelt het en die gesamentlike groep MMI gedoop het.

Die groep het voorheen gesê dit word gedoen omdat Momentum en Metropolitan welbekende, gevestigde handelsname “in hul gekose teikenmarkte” is.

“Die groep se bedrywighede onder die Momentum- en Metropolitan-handelsname verteenwoordig die oorgrote meerderheid van die groep se inkomste en bedryfswins en is daarom verteenwoordigend van die groep.”

Die naamsverandering is een van vele veranderinge wat Hillie Meyer, MMI se nuwe uitvoerende hoof, sedert begin verlede jaar deurgevoer het.

Hy het in September ’n omkeerstrategie aangekondig om MMI se bedrywighede doeltreffender te maak en wins te verhoog. Die groep het ook ’n hele aantal nuwe topbestuurders en direkteure gewerf.

  • In ’n vorige weergawe van die berig is verkeerdelik na Metropolitan Momentum verwys. Momentum kom eerste.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.