Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Groepsgeding teen Tiger Brands begin
Die listeria-epidemie gaan Tiger Brands tot R377 miljoen kos.

Die regsverteenwoordigers van slagoffers van die listeriose-uitbreking wat meer as 200 lewens geëis het, gaan waarskynlik dié week die hof vra vir toestemming om met ’n groepsgeding teen Tiger Brands voort te gaan.

Tiger Brands het ingestem om nie die eisers se hofaansoek teen te staan nie, sê Thami Malusi, ’n prokureur by Richard Spoor-prokureurs wat die saak saam met LHL-prokureurs hanteer. Die maatskappy gaan wel die meriete en bedrag van die eis verdedig.

Die kwessie van sertifisering is gewoonlik ’n twispunt wat groepsgedingsake geweldig kan uitrek omdat die verweerders allerlei tegniese punte kan opper om te keer dat die geding ingestel word. In die silikose-saak teen die goudmyne het dit die eisers ses jaar gevat om toestemming van die hof te kry om met die eis voort te gaan, sê Malusi.

Hy sê hulle sal ’n plan aan die hof voorlê om eisers op te spoor sodra die sertifikasie van die groepsgeding afgehandel is. Hulle hoop dat die departement van gesondheid hulle sal help om die eisers op te spoor, omdat ’n mediaveldtog baie duur sal wees.

Die regsverteenwoordigers het Vrydag met dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, vergader oor die eis.

Die aansoek vir sertifikasie sal na verwagting in die komende week by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien word.

Die regspan het dié groepe eisers uitgewys: volwassenes en babas wat listeriose opgedoen het, maar oorleef het; afhanklikes van mense wat weens listeriose gesterf het; asook versorgers van mense wat listeriose opgedoen het.

Die slagoffers het almal siek geword van besmette kos wat tussen 2016 en 2018 van Tiger Brands se Enterprise-vleisverwerkingsaanleg in Polokwane gekom het.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Aaron Motsoaledi  |  Groepsgeding  |  Listeriose  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.