Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Groot farma’ se SA fabriek kry nuwe eienaar

Kiara Health, ’n bemagtigingsgroep, gaan die internasionale farmaseutiese maatskappy Sandoz se fabriek in Suid-Afrika koop.

Dr. Skhumbuzo Ngozwana, uitvoerende hoof van Kiara Health.

Die aanleg is in Spartan buite Johannesburg geleë en vervaardig verskeie produkte wat reeds in Suid-Afrika verkoop word.

Dr. Skhumbuzo Ngozwana, uitvoerende hoof van Kiara Health, sê dis ’n moderne aanleg met die nuutste tegnologie.

Die verkryging gaan ook gepaard met die oordrag van kundigheid en kennis.

Volgens hom verkry Kiara ook die magtiging om verskeie van die produkte in Suid-Afrika te bemark.

Die ooreenkoms vir die transaksie is geteken. Na verwagting gaan die transaksie in die komende maande afgehandel word.

“Dié belangrike ontwikkeling lyf die geboorte in van ’n farmaseutiese vervaardiger wat 100% in swart besit is,” sê Ngozwana.

Kiara Health word beskryf as ’n breëbasis- swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappy wat deur swart beroepslui in die farmaseutiese bedryf gelei word “wat daarop gerig is om toegang te verbeter tot noodsaaklike gesondheidsprodukte en tegnologieë, teen bekostigbare pryse”.

Die oor-die-toonbankmedisyne wat van Sandoz gekry word, sal Kiara Health in staat stel om in die vinnige groeiende mark vir selfmedikasie mee te ding.

Volgens hom is die verkryging van die vervaardigingsaanleg en die span personeel wat by hulle, aansluit van “onskatbare waarde om die bedrywighede van die maatskappy te vergroot en sy produkreeks uit te brei”.

’n Langtermyn-verskaffingskontrak sal gesluit word om steeds produkte aan Sandoz Suid-Afrika te verskaf.

Ngozwana het Sandoz en sy moedermaatskappy Novartis bedank “vir die tasbare bydrae tot die ekonomiese transformasie van die Suid-Afrikaanse farmaseutiese sektor”.

“Ons glo dat die Spartan-aanleg ’n wonderlike platform bied vir ’n tuisgeskepte farmaseutiese kampioen van Afrika.”

Ngozwana is die president en uitvoerende hoof van die Federation of African Pharmaceutical Manufacturers Associations (Fapma).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.