Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Groter vryheid om Krugerrand te verkoop
Skoon munte op pad na die SA Munt waar hul bekende inskrywings geslaan sal word en hulle dan amptelik in Krugerrande verander. Foto: Wikus de Wet

Maatskappye wat Krugerrande wil verkoop, hoef nie meer lid te word van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Munthandelaars nie.

Die Mededingingskommissie sê hy het met Rand Refinery, wat die munt bemark, ooreengekom dat dié vereiste laat vaar kan word.

Rand Refinery het self die vereiste gestel, het die kommissie in ’n ondersoek bevind. Dit kan volgens die kommissie beskou word as ’n manier om toetrede tot die munthandel te beperk.

Rand Refinery moet nou alle verwysing na dié vereiste van sy aansoekvorms en webwerf verwyder.

Die Mededingingstribunaal moet nog die ooreenkoms tussen die kommissie en Rand Refinery bekragtig.

Die goud vir die Krugerrand word by Rand Refinery voorberei en die munte word dan by die Suid-Afrikaanse Munt gedruk. Rand Refinery beheer die verkope en bemarking van Krugerrande en is dus die enigste verskaffer wêreldwyd daarvan.

Meer oor:  Munte  |  Mededingingstribunaal  |  Krugerrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.