Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Group Five nou sonder ’n baas
Group Five se kantore in Sunninghill, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Die konstruksiegroep Group Five het nie meer ’n uitvoerende hoof nie.

Dit volg nadat dr. Thabo Clifford Kogo, wat in dié pos waargeneem het, bedank het.

Sy laaste dag op kantoor is 30 Oktober.

Group Five sê Dinsdag in ’n verklaring dat gegewe die omstandighede waarin die groep hom bevind, gaan hy ook nie weer ’n uitvoerende hoof aanstel nie.

Group Five is sedert Maart in sakeredding.

Aandeelhouers het reeds in September die sakereddingsplan vir sowel Group Five Bpk. as Group Five Construction aanvaar wat Peter van den Steen en Dave Lake van Metis Corporate Advisory saamgestel het.

Die sakereddingsplan sal na verwagting tot R5 miljard meer as ’n likwidasie genereer.

Gewaarborgde krediteure van Group Five Construction sal onder dié plan tussen 66c en 78c op elke rand van hul skuld kan terugkry, terwyl likwidasie slegs ’n opbrengs van sowat 18c sou kon verseker, sê die sakeredders.

Die plan sal ook hopelik beteken dat tussen 3 000 en 3 500 mense hul werk sal kan behou. Sowat 5 000 werknemers sal steeds afgelê word.

Die plan behels ook die denotering en sluiting van Group Five Bpk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.