Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Group Five se aandeel tuimel oor groter verlies

Group Five se aandeelprys het Woensdag met 31% tot net 68c geval nadat hy aangekondig het hy bloei steeds geld ondanks afleggings en ander besnoeiings die afgelope ses maande.

Group Five se verlies het dramaties toegeneem. Foto: Elvira Wood

Die maatskappy het Woensdag ’n handelsverklaring uitgereik wat toon sy verlies per aandeel styg met tussen 56,8% en 74,9% tot tussen R13 en R14,50 per aandeel. Sy wesensverlies per aandeel styg ook met tussen 52,4% en 70% tot tussen R13 en R14,50 per aandeel.

Die grootste rede vir die probleme is die kragstasie wat hy sedert 2014 in Kpone, Ghana, bou. Bouwerk sal na verwagting einde September eindelik voltooi word.

Vir die voljaar gaan die verlies op die kontrak R1,3 miljard beloop.

Group Five loop ook die risiko van boetes weens die agterstand op die kontrak. Die waarde daarvan kan ’n maksimum van $62,5 miljoen beloop.

Die tweede groot rede is die insinking in die Suid-Afrikaanse konstruksiemark, en lopende kontrakte wat oor begroting is.

Aan die positiewe kant, sê Group Five, sy konstruksie-afdeling in die res van Afrika het geen verliesmakende kontrakte nie.

Sy afdeling vir beleggings en konsessies – wat Intertoll Europe insluit – het stewige resultate opgelewer.

Die afdeling vir vervaardiging het bevredigend gevaar in moeilike marktoestande.

Die maatskappy is besig om sy vervaardigingsafdeling te verkoop en het reeds R80 miljoen uit die verkoop van Group Five Pipe verdien.

Die maatskappy gaan sy resultate in September uitreik, maar gee nog nie ’n vaste datum nie.

Meer oor:  Group Five  |  Konstruksiesektor  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.