Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Group Five se krisis kan kragstasie kopseer gee

Die sakeredding waarin die konstruksiegroep Group Five is, kan dalk skuldprobleme veroorsaak vir ’n kragstasie wat deur hom bedryf word.

Group Five is een van verskeie konstruksiefirmas wat in sakeredding is.

Group Five is die operateur van die kragstasie wat CPV Power Plant nr. 1 (CPV1) besit.

’n CPV Power Plant-spesialedoelmedium (SDM) het ’n skuldbrief op die JSE uitgereik om geld by beleggers te leen. Die aansoek om sakeredding het veroorsaak dat die bedryfsooreenkoms tussen CPV1 en Group Five beëindig kan word.

Met elke terugbetalingsdatum van die skuldbriewe verklaar CPV1 aan die SDM dat niks gebeur het wat tot die beëindiging van die kontrak gelei het nie.

Die volgende datum wat CPV1 ’n voorlegging aan die skuldbriefhouers moet maak, is op 30 Junie. As die situasie nie hanteer word nie, gaan dit beteken dit gaan ’n vals verklaring wees en dit gaan tot ’n wanbetaling lei ingevolge die bepalinge van die leningsooreenkoms wat tussen die kragstasie en die SDM bestaan.

Volgens Group Five oorweeg CPV1 en die SDM tans die opsies om die situasie op te los sodat ’n wanbetaling nie voorkom nie. Dit sal beteken die sakereddingsproses van Group Five moet voor einde Junie suksesvol afgehandel word of dat die skuldbriefhouers ingestem het op ’n plan van aksie.

Meer oor:  Group Five  |  Sakeredding  |  Boubedryf  |  Infrastruktuur  |  Konstruksie  |  Kragstasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.