Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Group Five se voorsitter, nóg 3 direkteure vat die pad

Vier direkteure van die beleërde Group Five-konstruksiefirma, insluitend die voorsitter, Nonyameko Mandindi, het Dinsdag met onmiddellike effek bedank.

Group Five is een van verskeie konstruksiefirmas wat in sakeredding is.

Die maatskappy het die aankondiging in ’n Sens-verklaring kort voor middagete Dinsdag bekend gemaak.

Al vier direkteure is in Julie tot die direksie verkies – net nadat Group Five se hele vorige direksie in ’n dramatiese stap bedank het.

Die bedankings kom kort op die hakke van ’n treurige voorlegging oor Group Five se vordering met sy sakereddingsplan laasweek. Geen rede word vir die bedankings gegee nie, maar dit hou bes moontlik met die sakeredding verband.

In sy voorlegging aan aandeelhouers het die maatskappy gesê dat hy nog R1 miljard sal kan realiseer om sy skuldlas en bedryfskapitaalvereistes na te kan kom.

Die geld is nié vir aandeelhouers geoormerk nie, het die maatskappy gewaarsku.

“Aangesien dit hoogs onwaarskynlik is dat alle krediteure in geheel betaal sal kan word, word daar verwag dat geen waarde deur die sakereddingsproses aan aandeelhouers sal vloei nie.”

Verhandeling van Group Five-aandele is reeds op 15 Maart opgeskort, en het op slegs 89c te staan gekom. In 2007 het die voormalige konstruksiereus se aandeelprys ’n hoogtepunt van R69 bereik.

Die R1 miljard sal bekom word deur die verkoop van die filiaal African SMEIP en aandele in sy filiaalmaatskappye; die Northpoint-eiendomsontwikkeling; verskeie eiendomme wat nie aangewend word nie; en ander aanlegte en bates.

In ’n verklaring wat ná die voorlegging aan aandeelhouers op die maatskappy se webwerf gedeel is, het Group Five gesê dié verkoopsooreenkomste is reeds aangegaan.

Die volledige lys van direkteurs wat Dinsdag hul bedanking bekendgemaak het is:

  • Nonyameko Mandindi (voorsitter);
  • Michael Upton;
  • Edward Williams; en
  • Cora Fernandez.
Meer oor:  Group Five  |  Sakeredding  |  Boubedryf  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.