Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Group Five verkoop nóg ’n bate

Die sukkelende konstruksiegroep Group Five het sy Group Five Projects-afdeling aan die Teichmann-groep verkoop.

Group Five se hoofkantoor in Sunninghill, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Die Teichmann-groep is in 1995 deur die voormalige Springbokrugbyspeler Gary Teichmann geskep.

Peter van den Steen en Dave Lake van Metis Corporate Advisory, die sakeredders wat in Maart aangestel is om Group Five te bestuur, sê nie vir hoeveel dié afdeling verkoop is nie.

Luidens ’n verklaring deur die sakeredders sluit die transaksie die afdeling se bedrywighede in die res van Afrika in. Dit sluit ook alle bates soos toerusting in.

Group Five Projects is bedrywig in Ghana, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en Burkina Faso.

Die nuwe maatskappy sal as T3 Projects bekend staan.

Luidens die Teichmann-groep se webtuiste is hy ook in verskeie Afrika-lande bedrywig. Dit sluit Ghana en die DRK in.

Verskeie van Group Five se bates is reeds verkoop óf is in die mark as deel van die sakereddingsproses.

Aandeelhouers het in September ten gunste van ’n sakereddingsplan gestem wat volgens die sakeredders tot R5 miljard meer as ’n likwidasie sal genereer.

Die plan sal ook hopelik verseker dat tussen 3 000 en 3 500 mense hul werk sal kan behou. Sowat 5 000 sal steeds afgelê word.

Uiteindelik behels die plan ook die denotering en sluiting van Group Five Bpk.

Meer oor:  Group Five  |  Gary Teichmann  |  Konstruksie  |  Konstruksiebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.