Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Growthpoint gaan op A2X noteer

Die eiendomsgroep Growthpoint gaan op 18 Julie ’n sekondêre notering op A2X Markets kry, bykomend tot sy primêre notering op die JSE.

Growthpoint gaan 'n sekondêre notering kry. Foto: The New Black

Sy bykomende notering op die alternatiewe beurs is nou goedgekeur.

Norbert Sasse, uitvoerende hoof van Growthpoint, sê dit is tot aandeelhouers en makelaars se voordeel dat Growthpoint se aandele op ’n tweede verhandelingsplatform in Suid-Afrika beskikbaar is, want dit het laer koste.

Die groep het verduidelik hy gaan nie enige nuwe aandele uitreik op A2X nie, en daar is geen koste, risiko of bykomende regulatoriese voldoeningsvereistes vir Growthpoint as gevolg van die sekondêre notering nie.

Growthpoint is die grootste genoteerde eiendomsbeleggingstrust op die JSE en besit ’n gediversifiseerde portefeulje van kommersiële, kleinhandel- en nywerheidseiendomme in Afrika, Australië en Europa.

Lauren Turner, hoof van beleggersverhoudinge by Growthpoint, sê die notering op A2X gee aan makelaars toegang tot groter keuses en laer transaksiekoste, wat hulle aan beleggers kan deurgee. Vyf van die ses topmakelaars in Suid-Afrika gebruik reeds die A2X-platform, sê sy.

A2X het in Oktober begin sake doen en word soos die JSE deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor gereguleer.

Norbert Sasse, uitvoerende hoof van Growthpoint.
Lauren Turner, hoof van beleggersverhoudinge by Growthpoint.
Kevin Grady, uitvoerende hoof van A2X Markets.

Ander maatskappye wat reeds op A2X genoteer is:

  • African Rainbow Capital
  • Afrimat
  • Anchor Group
  • Ascendis Health
  • Coronation Fund Managers
  • Huge Group
  • Sandown Capital
  • Sanlam
  • Peregrine Holdings
Meer oor:  Growthpoint  |  Jse  |  Notering  |  A2x Markets  |  Aandelebeurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.