Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Guptas: Jan Taks se afdank van regshoof 'billik'

Die afdanking van die voormalige regshoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oor onreëlmatige BTW-terugbetalings aan die Guptas, was billik, sê die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Refiloe Mokoena, regshoof van die SAID.Foto: Argief

Die SAID het adv. Refiloe Mokoena in November 2019 afgedank nadat sy in ’n vyf dae lange tugverhoor aan drie ernstige sake van wangedrag skuldig bevind is. Dit behels onder meer dat sy sonder ’n behoorlike rede R150 miljoen se BTW-terugbetalings moontlik gemaak het.

Mokoena het voor die KVBA aangevoer dat die SAID onbillik opgetree het toe haar diens ná die tugverhoor beëindig is, maar die kommissie het haar saak Maandag van die hand gewys.

LEES OOK: Jan Taks steek regshoof finaal in die pad

Die KVBA het Mokoena se vertoë dat daar geen prima facie-saak teen haar was nie, verwerp.

Die SAID sê in ’n verklaring die KVBA het ook negatief gereageer op haar besluit om nie ter ondersteuning van haar saak te getuig of getuies te roep nie.

Die SAID het haar in die tugverhoor skuldig bevind aan wangedrag ten opsigte van die volgende:

  • Dat sy sonder ’n behoorlike rede aktief BTW-terugbetalings van R150 miljoen moontlik gemaak het.
  • Dat sy nie oor die nodige belasting- of regskennis beskik nie, maar desondanks die besluit van die SAID en eksterne kundiges oor belastingwetgewing verwerp het en ’n deel van die BTW-wet wat herroep is, toegepas het om haar opdrag te regverdig dat die terugbetalings aan die onderneming Oakbay aan ’n derde party betaal moet word.
  • Dat sy veroorsaak het dat die inligting van ’n belastingbetaler aan die lig gekom het en dus belastingwetgewing oortree het wat vereis dat ’n belastingpligtige se inligting vertroulik gehou word.

Die SAID het gemeen dat die bevindings teen haar so ernstig was en dat sy so oneerlik opgetree het dat dit haar ongeskik maak om as sy regshoof te dien.

“Hierdie bevinding van die KVBA sal die SAID help om uiteindelik die saak agter te laat en sy energie daarop te fokus om die organisasie vorentoe te laat beweeg,” sê die SAID in die verklaring.

Mokoena is in 2013 as 'n ondervoorsitter van Krygkor afgedank. Die Konstitusionele Hof het uiteindelik na 'n regsgeding bevind die besluit was geregverdig. 

News24 het in 2019 berig sy het nie die afdanking openbaar toe sy aangestel is by SAID nie.  

Meer oor:  Kvba  |  Suid-Afrikaanse Inkomstediens  |  Said  |  Refiloe Mokoena  |  Jan Taks  |  Tugverhoor  |  Korrupsie  |  Afdanking  |  Wangedrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.