Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hare-herrie: Bekende Clicks-direkteur bedank

In die nadraai van die hare-advertensieskandaal het Clicks een van sy prominentste direkteure verloor.

Nonkululeko Gobodo, medestigter van die ouditfirma SizweNtsalubaGobodo. Foto: Elvira Wood

Nonkululeko Gobodo het as nie-uitvoerende direkteur bedank. Sy het verlede week in nuusonderhoude gesê sy het Clicks se bestuur vroeër vanjaar uitgevra oor sy strategie om met swart klante te kommunikeer. Sy het aan eNCA gesê hoewel daar wel ’n plan was, is dit nou duidelik die plan werk nie.

Clicks sê in sy Sens-verklaring Gobodo het “om persoonlike redes” bedank, sonder enige verwysing na die omstrede TREsemmé-advertensies wat twee swart vroue se hare as onderskeidelik “droog en beskadig” en “kroes” beskryf, terwyl twee wit vroue se hare as onderskeidelik “dun en plat” en “normaal” beskryf word.

Die advertensies is as rassisties ervaar teen die agtergrond van verskeie herries oor swart meisies en vroue se hare die afgelope jare. Dit het daartoe gelei dat die EFF Clicks-winkels landwyd ontwrig het met betogings. Die winkels het verlede Donderdag selfs toegemaak ter wille van personeel en klante se veiligheid.

Clicks het verskeie mense geskors vir die plasing van die advertensie op sy webwerf, en die uitvoerende hoof, Vikesh Ramsunder, het herhaaldelik om verskoning gevra dat die advertensies aanvaar is.

TREsemmé-produkte is van Clicks se rakke verwyder, waarna winkels soos Makro, Dis-Chem, Pick n Pay, Shoprite en Checkers vinnig gevolg het.

Gobodo is ’n gesiene sakevrou wat in 1987 die eerste swart vrou was wat ’n geoktrooieerde rekenmeester geword het.

Sy het haar ouditfirma, Gobodo, in 1992 begin en dit het later met SizweNtsaluba saamgesmelt om die enigste groot swartbeheerde ouditfirma in die land te vorm. Twee jaar gelede het SizweNtsalubaGoboda lid van die Grant Thornton-netwerk geword.

David Nurek, voorsitter van Clicks se direksie, bedank Gobodo in die Sens-verklaring vir haar “waardevolle insigte en bydrae tot die direksie en die oudit-en-risikokomitee die afgelope drie jaar”. Hy wens haar ook sukses toe met haar ondernemings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.