Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hawens: Pravin doen 1ste stap by Transnet

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het drie lede van die Transnet-direksie aangestel om tydelik toesig te hou oor die proses om die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) te omskep in ’n onafhanklike filiaal van Transnet.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. Foto: Sunday Times

Hulle is dr. Sydney Mufamadi (voorsitter), Louis von Zeuner en Dimakatso Matshoga.

Dié aanstellings is volgens Gordhan se woordvoerder, Richard Mantu, net drie maande geldig terwyl nominasies ingewag word van bekwame mense wat in die direksie kan dien.

Die Nasionale Hawewet bepaal dat hulle deur die publiek genomineer moet word. Dít is die eerste stap om pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging op 22 Junie daaroor in werking te stel.

Die hawe-owerheid is ’n afdeling van Transnet net soos die groep se logistieke afdeling en dít skep botsende belange ten koste van ander belanghebbendes.

Dit is ook in stryd met die bepalings van die Nasionale Hawewet, wat reeds in 2006 in werking getree het.

Die aanstellings is gedoen om dié herskikking aan die gang te kry. Volgens Mantu sal die proses om openbare nominasies te vra binnekort begin.

Die wet skryf voor dat die direksie uit tussen sewe en 13 lede bestaan wat kennis het van hawebestuur, internasionale handel, korporatiewe bestuur, maritieme vervoer, handel, finansies, regs- en ekonomiese kwessies, vervoer en logistiek, skeepsagentskappe en klaring.

Jan Scheepers, direkteur van Siyakhuphuka Beleggings, ’n maatskappy wat juis in die hof veg vir ’n onafhanklike hawe-owerheid, is skepties oor Mufamadi-hulle se onafhanklikheid omdat hulle van die Transnet-direksie kom.

Hy wys daarop dat die nuwe direksie ’n groot taak het om al die ooreenkomste te hersien wat die TNPA gesluit het sedert 2006.

Dít kom nadat die hawereguleerder vroeër bevind het die TNPA het geen regstatus nie, omdat dit nie ooreenkomstig die wet tot stand gebring is nie en al die ooreenkomste wat hy aangegaan het, is dus regtens aanvegbaar.

Meer oor:  Transnet  |  Tnpa  |  Hawens  |  Infrastruktuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.