Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Heineken sê nog nie ‘gesondheid, 2021’

Heineken, die wêreld se tweede grootste bierbrouer, is nog versigtig oor hoe sy verkope vir die volgende ses maande van die jaar daar gaan uitsien.

Gerard Heineken het in 1873 sy familiebrouery in Amsterdam begin en meer as 140 jaar later word Heineken-bier wêreldwyd gedrink. Foto: Pixabay

Die Nederlandse maatskappy het Maandag sy oorsig oor die eerste ses maande van 2021 gegee en ondanks sterk resultate aangedui die impak van die Covid-19-pandemie op sleutelmarkte kan steeds sy vertoning vir die res van die jaar demp.

Heineken het 10% meer bier in die eerste helfte van die jaar verkoop teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die maatskappy is veral besorg oor die vraag na sy produkte in Asië en Suidoos-Asië en dit is veral Viëtnam waaroor hy bekommerd is, volgens Dolf van den Brink, Heineken se uitvoerende hoof.

Van den Brink sê Viëtnam het ’n lae inentingskoers teen Covid-19 en infeksies hou aan toeneem, wat ook beteken die vraag na bier word geraak.

Volgens hom veroorsaak die pandemie boonop wisselvalligheid in die biermark oral ter wêreld en op verskillende tye. Hy sê een van hul brouerye is reeds deur die Maleisiese regering gesluit weens die inperkingsregulasies daar.

Van den Brink sê al lyk die eerste ses maande se resultate goed, verwag hulle die voljaar se vertoning gaan steeds swakker wees en onder vlakke van voor die pandemie eindig.

Stygende insetkoste wat aan sy winsmarges begin wegkalwe, gaan ook moontlik druk op sy resultate plaas en vir ’n swakker vertoning vir die res van die jaar sorg. Volgens hom kan stygende pryse van onder meer suiker, gars en aluminium aan Heineken se winsmarges vreet.

Gegewe die impak van die pandemie en stygende insetkoste, neem Heineken daarom vir nou ’n versigtige posisie in ten opsigte van sy wêreldwye bierverkope vir 2021, sê Van den Brink.

Die maatskappy het ook vroeër vanjaar aangekondig 8 000 van sy werknemers gaan afgedank word in ’n poging om koste te bespaar.

Meer oor:  Heineken  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Drankwinkels  |  Bierbedryf  |  Drank  |  Bier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.