Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Heineken verwelkom vlak 1 van inperking

Die biermaatskappy Heineken Suid-Afrika het die terugkeer na vlak 1 van die inperking verwelkom.

Drank kan nou normaalweg, soos bepaal deur die handelaar se dranklisensie, verkoop word, hoewel dit steeds aan die aandklokreël onderworpe is. Dit is van 1 Maart van middernag tot 04:00.

Gerrit van Loo, besturende direkteur van Heineken Suid-Afrika, sê die derde landwye algehele verbod op drankverkope, asook die beperkings op drankverkope voor en ná ’n algehele verbod, het ’n verwoestende impak op drankkleinhandelaars en die bedryf in geheel gehad.

Suid-Afrika is middel September verlede jaar die eerste keer na vlak 1 geskuif.

Daar was aanvanklik egter steeds beperkinge op verkope, byvoorbeeld dat winkels nie oor naweke drank kon verkoop nie. Dit het veral die wynbedryf ontevrede gemaak omdat dit wyntoerisme geknou het.

Van middel November af is drankverkope sonder beperkings toegelaat, maar volgens die handelsure voorgeskryf deur ’n onderneming se dranklisensie.

Begin Desember is ’n nuwe benadering gevolg waarin strenger regulasies in koronavirusbrandpunte gegeld het.

Die Nelson Mandelabaai-metro is tot die eerste brandpunt verklaar en drankverkope hier is toe beperk tot Maandag tot Donderdag, met korter handelsure.

Die aandklokreël het vroeër van krag geword in brandpuntgebiede, wat kroeë en restaurante se drankverkope beperk het.

Teen middel Desember is drankverkope landwyd op Vrydae, Saterdae en Sondae verbied, maar geregistreerde wynkelders en wynplase kon nog naweke drank verkoop vir wegneem.

Drankkleinhandelaars se handelsure is ook weer verkort en die aandklokreël is vervroeg.

Die aangepaste vlak 3-inperking het op 28 Desember in werking getree toe infeksies skerp toegeneem het.

Dit het ’n landwye drankverbod ingesluit – die derde een sedert die aanvang van die pandemie.

Dié drankverbod is middel Januarie verleng tot begin Februarie, toe beperkte verkope weer toegelaat is.

Meer oor:  Heineken  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.