Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Heineken wil Distell koop

Die Nederlandse brouery Heineken wil Distell uitkoop.

Die biermaatskappy Heineken wil uitbrei. Foto: Unsplash

Die twee partye is in samesprekings oor die moontlikhede, het die genoteerde Distell in ’n Sens-verklaring gesê. ’n Transaksie is nog nie ’n uitgemaakte saak nie.

Distell vervaardig nie self bier nie, maar wel sider, onder meer Savanna en Hunter’s Dry, en vrugtedrankies soos Brutal Fruit. Verder besit Distell wyn soos Drostdy-Hof en Two Oceans, vonkelwyn soos JC le Roux en Pongrácz en spiritualieë en likeurs soos Klipdrift, Amarula en Richelieu.

Distell se markwaarde is nagenoeg R31,8 miljard.

Heineken is die wêreld se tweede grootste bierbrouer, ná Anheuser-Busch InBev, wat self in 2016 die Suid-Afrikaans gebore SABMiller, toe die wêreld se tweede grootste brouery, uitgekoop het.

* Volg Netwerk24 vir meer inligting.

Meer oor:  Heineken  |  Distell  |  Drankverkope  |  Inperkingsmaatreëls  |  Bierbedryf  |  Inperking  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drank  |  Bier  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.