Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Herrie oor nuwe Irba-baas se rol by Tongaat
Jenitha JohnFoto: Verskaf

Die aanstelling van Jenitha John as die nuwe uitvoerende hoof van die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) gaan moontlik hersien word.

Tito Mboweni, minister van finansies, sê in ’n verklaring hy neem kennis van die kritiek oor dié aanstelling.

Irba het einde April aangekondig dat John van 1 Junie dié rol by Bernard Agulhas sal oorneem.

Agulhas se kontrak het reeds op 31 Maart verstryk, maar is tot einde Mei verleng sodat ’n gepaste opvolger gevind kon word.

Die groot kritiek teen John se aanstelling is dat sy die voorsitter van Tongaat Hulett se ouditkomitee was.

Sy het juis bedank net toe dié maatskappy aangekondig het hy gaan sy finansiële state vir die jaar tot einde Mei 2018 hersien.

PwC het sedertdien ’n forensiese ondersoek voltooi waar daar onder meer bevind is sekere senior bestuurders het ongewenste rekenkundige praktyke begin of deelgeneem daaraan wat tot gevolg gehad het dat inkomste vroeër erken is as wat dit moes gewees het en dat die uitgawes onvanpas gekapitaliseer is na die bates toe.

Dit het gelei tot winste wat oordryf is in albei jare en dat die waarde van sekere bates oordryf is.

LEES OOK: Tongaat: Só is boeke bekook, toon verslag

John was juis aan die hoof van Tongaat Hulett se ouditkomitee toe dié gebeure plaasgevind het.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) skryf in ’n verklaring luidens die PwC-verslag gaan John ondersoek word omdat sy juis ten tye van die beweerde misdrywe verantwoordelik was vir die finansiële verslagdoening by Tongaat Hulett.

“Ons glo ook dat daar ’n groot vraagstuk is wat betref ’n botsing van belange in die aanstelling van John by Irba, omdat ons meen dat Irba die ouditeure van Tongaat Hulett moet ondersoek vir die onreëlmatighede in finansiële verslagdoening, ’n saak waarin sy direk betrokke is,” sê Outa.

Mboweni wys daarop dat die uitvoerende hoof van Irba deur die direksie van dié instelling aangestel word, en dat hy dan daarvan ingelig word.

Hy sê gegee die vrae wat oor haar aanstelling gevra word, gaan hy gesprekke met die direksie voer. Sou hy vind dat daar enige ongerymdhede was met haar aanstelling, sal hy die direksie vra om die aanstelling te heroorweeg.

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Irba  |  Pwc  |  Tito Mboweni  |  Bernard Agulhas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.