Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hiér kom 2de Krispy Kreme in die Kaap

Kapenaars moes dalk vyf jaar vir hul eerste Krispy Kreme-oliebol wag, maar nou is dit vinnig vorentoe.

Foto:

Die maatskappy wat dié Amerikaanse handelsnaam na Suid-Afrika gebring het, het Maandag aangekondig die tweede tak in die Wes-Kaap open voor die einde van die jaar in die Canal Walk-winkelsentrum.

Dis net meer as ’n maand sedert die eerste Kaapse tak, wat ook ’n bakkery is, in die V&A Waterfront geopen het.

Rye en rye mense staan steeds tou by dié tak om hul soettand te bevredig.

Soos met die Waterfront-opening, kan mense gratis oliebolle en ander pryse wen. Die heel eerste klant wen 12 Original Glazed-oliebolle per week vir ’n jaar en almal tot die eerste 100 mense in ’n ry wen ook gratis oliebolle (tot 12 per maand vir ’n jaar).

Die datum van die Canal Walk-opening sal later aangekondig word. Mense word aangemoedig om @krispykreme_za op sosiale media te volg.

Meer oor:  Krispy Kreme  |  Canal Walk-Winkelsentrum  |  Oliebolle  |  Restaurante  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.