Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hiér wil Sanral R13,1 mjd. se paaie bou

Padbouprojekte van R13,1 miljard gaan oor die volgende paar jaar deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) aangepak word as deel van pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket vir die ekonomie.

Skhumbuzo Macozoma, Sanral se uitvoerende hoof. Foto: Deon Raath

Dit begin met ’n aanvanklike toekenning van R3,5 miljard uit die stimuluspakket wat 20 000 deeltydse poste kan skep.

Dit sluit die opknapping van paaie in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga in.

Dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, het Dinsdag die projekte aangekondig.

Skhumbuzo Macozoma, uitvoerende hoof van Sanral, het toegegee die agentskap het aanvanklik verlede jaar opgehou om nuwe effekte op die geldmarkte uit te reik om sy bedrywighede te finansier. Sanral se situasie het volgens hom intussen verbeter en die Sanral-direksie het ingestem dat hy weer effekte kan uitreik. Sanral wil egter ook private beleggers probeer lok vir finansiering, het Macozoma gesê.

Sanral sal vanjaar R21 miljard van die nasionale tesourie kry, benewens die geld van Ramaphosa se stimuluspakket, het Macozoma gesê. Oor die volgende drie jaar sal Sanral sowat R67 miljard van die staatskas kry.

Limpopo

Een groot fokuspunt is die Moloto-pad, die R573, wat Mpumalanga, Gauteng en Limpopo verbind en wat daagliks deur sowat 50 000 pendelaars gebruik word.

Dit is deel van die poging om die Moloto-korridor te ontwikkel, wat mettertyd ’n passasierspoorlyn sal insluit.

Tito Mboweni, minister van finansies, het in verlede week se begroting R3,3 miljard vir die ontwikkeling van die Moloto-korridor opsygesit.

Oor die opknapping van die N1 na Polokwane het Nzimande gesê Sanral hoop om R4,2 miljard van die Nuwe Ontwikkelingsbank (informeel bekend as die Brics-bank) te leen om nuwe bane op dié pad te bou.

Oos-Kaap

Die ander groot fokuspunt is die N2-Wildekus-pad tussen Oos-Londen en Port Edward. Nzimande sê dié pad sal die reistyd tussen Oos-Londen en Durban met drie uur verkort.

Ander Oos-Kaapse projekte wat aangepak word, sluit in ’n nuwe teerpad van 16,3 km van Lingeni na die Msikaba-brug teen R976 miljoen, waardeur meer as 480 deeltydse konstruksiewerkgeleenthede geskep sal word.

Tussen die Msikaba- en Mtentu-brug sal ’n nuwe pad van 17,7 km teen R1,1 miljard gebou word waar 550 tydelike poste geskep sal word.

Die Oos-Kaapse padprojekte is saam byna R3 miljard werd en R930 miljoen daarvan sal bestee word aan klein en middelslagondernemings, opkomende kontrakteurs wat vroue en die jeug sal insluit.

KwaZulu-Natal

In KwaZulu-Natal is die fokus op die N3 tussen Durban en Pietermaritzburg, en spesifiek die opknapping van die EB Cloete-wisselaar teen R1,5 miljard. Dit is die sogenaamde Spaghetti-wisselaar waar die N2 en die N3 bymekaarkom. Dit sal meer as 4 000 deeltydse konstruksieposte skep.

Meer oor:  Sanral  |  Blade ­Nzimande  |  Ramaphosa  |  Cyril  |  Paaie  |  Infrastruktuur  |  Infrastruktuurfonds  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.