Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Hierdie bates verkoop Group Five uit nood

Die sukkelende konstruksiegroep Group Five het ’n lys van bates vrygestel wat hy uit nood verkoop om R709 miljoen se opbrengs te realiseer.

Group Five is een van verskeie konstruksiefirmas wat in sakeredding is.

Group Five het in April aangekondig hy is gedwing om bates te verkoop om hom van totale ondergang te red, is voorheen berig.

Lees ook: Group Five verkoop uit nood

Die maatskappy is sedert Maart in sakeredding.

Woensdagmiddag is beleggers verwys na die verklaring wat 12 April uitgereik is oor die bates wat verkoop moet word.

Die sakereddingspraktisyns het onderneem om beleggers elke maand ingelig te hou oor die sakereddingsproses en die verkoop van bates.

Die eerste inligting daaroor is Woensdagmiddag in ’n verklaring op die JSE gedeel.

In die verklaring is gesê die sakereddingsproses vorder goed en die groep het reeds die finansieringsooreenkomste gesluit ingevolge die proses met ’n konsortium van banke en het die eerste geld vir bedryfskapitaalvereistes getrek.

Die sakeredders is in gesprek met die leners om nog geld te onttrek.

Die meeste konstruksieprojekte waarmee Group Five besig is, sal voltooi word omdat dit intern gefinansier word of deur die finansiering wat verkry is.

Group Five het uit sekere verliesmakende projekte getree. “Ongelukkig is sommige projekte eensydig deur kliënte gestop,” lui die verklaring.

Bindende ooreenkomste is aangegaan vir die verkoop van:

  • 40,1% van Intertoll Capital Partners (ICP);
  • 50% van Barnes Reinforcing Industries (BRI);
  • 28,9% van Jozi Power;
  • Aanlegte en bates wat nie in die gewone gang van sake gebruik word nie;
  • Eiendom wat nie in die gewone gang van sake gebruik word nie.

Die verkoop van ICP, BRI en Jozi Power asook die eiendomme is onderhewig aan sekere voorwaardes voordat dit afgehandel kan word.

Die opbrengs uit die verkoop van die bates sal gebruik word om die skuld wat daarop gemaak is, te verminder. Die res van die opbrengs sal vir bedryfskapitaalvereistes gebruik word.

’n Verkoopsproses is onderweg vir die vervaardigingsbedrywe asook vir die res van Intertoll Europe.

Die sakeredders beoog steeds om teen 28 Junie ’n sakereddingsplan te publiseer.

Meer oor:  Group Five  |  Jozi Power  |  Bates  |  Konstruksiebedryf  |  Sakeredding  |  Eiendom  |  Konstruksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.